Tuis. 05

(Tuis.) #1

Hoender in melk


Dis die eenvoud van die resep wat dié smelt-in-die-mond-
hoender so spesiaal maak.


Genoeg vir 4–6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 20 minute
Oondtemperatuur: 160 °C



  • 1 heel hoender

  • seesoutvlokkies

  • 1 suurlemoen in kwarte gesny

  • 3 takkies tiemie

  • 30 ml olyfolie

  • 500 ml melk

  • 4 lourierblare

  • 5 ml heel peperkorrels

  • 2 blikke wit bone gedreineer


1 Geur die hoender met die sout en sit die suurlemoen en tiemie
in die buikholte. Braai nou die hoender versigtig in ’n bietjie olie
tot bruin oraloor en sit dit dan borskant na bo in ’n diep oondbak
met ’n deksel. Giet die melk oor en voeg die lourierblare en
peperkorrels by bedek en bak vir sowat 45 minute.
2 Roer die bone by en bedruip die hoender met die sous.
Sit onbedek terug in die oond en bak vir nog 25–35 minute.


112 tuis Mei 2017

Free download pdf