Tuis. 05

(Tuis.) #1

Luukse kaas-en-knoffelbrood


Só maak mens van knoffelbrood meer as net ’n nagedagte:


Sny2 sagte rogbrode(vermy suiwer rog; dis dikwels te dig
vir dié resep) met ’n skerp broodmes in blokkies sonder om
deur die basis te sny. Meng 10 fyngekapteknoffelhuisies’n
hand vol fyngekaptepietersielie en grasuieen ’n knippie
sout en peperby 250 gsagte botter. Smeer dié geurige
mengsel rojaal in elke gleufie van die gesnyde brode. Hol
nou die binnesirkels uit soos op die foto en sit die brode
met die broodblokkies wat jy uitgehaal het langsaan op ’n
bakplaat. Sit ’ncamembertkaasin elke holte drup ’n bietjie
olyfolieoor die kaas en bak die brode in ’n voorverhitte oond
teen 180 °C vir sowat 25 minute of tot die kaas sag is en die
brood se buitekant begin bros word. Sny die sagte kaas oop
en doop die broodvingers daarin voor dit koud word.



  • 1 groot blomkoolkop

  • 125 ml botter

  • 12 ml olyfolie

  • 3 salieblare

  • 2 lourierblare

  • neutmuskaat

  • parmesaanskaafsels

  • ’n strooisel geroosterde dennepitte


Stoom die koolkop vir sowat 10 minute (’n bietjie minder vir
’n kleiner kop – onthou dit gaan nog gebraai word) tot
net-net sag. Smelt die botter saam met die olie in ’n pan en
voeg die salie- en lourierblare by. Braai nou die koolkop tot
oraloor goudbruin terwyl jy dit heeltyd met die geurige botter
bedruip. Sit op ’n mooi bord en strooi neutmuskaat sout en
varsgemaalde swartpeper oor gevolg deur ’n ruim hand vol
parmesaanskaafsels en dennepitte. Mooi en lekker! >>

Bottergebraaide blomkool
’n Heel blomkoolkop op ’n bord is ’n indrukwekkende
bygereg op ’n feestafel. As die tyd knyp kan jy dit in
kwarte sny wat die braaityd sal verkort.

Maak 1 blomkoolkop • Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 25 minute
Free download pdf