Tuis. 05

(Tuis.) #1
Geroosterde
popper-aartappels
Wat kan nou beter wees as ’n bros
goudbruin soutbesprinkelde aartappel
warm uit die oond vra jy? Wag tot jy
dié proe ...

Genoeg vir 12 aartappels
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 200 °C


  • 12 mediumgroot ingelegde rooi
    jalapeño-rissies

  • sowat 60ml volvet-roomkaas

  • 6 repe spek gehalveer

  • 12 groot Mediterreense aartappels

  • sowat 45 ml olyfolie

  • 30 ml botter

  • seesoutvlokkies


1 Voorverhit die oond. Sny ’n gleufie in elk
van die jalapeño’s en verwyder enige
saadjies; druk droog met kombuispapier.
Skep nou ’n bietjie roomkaas in elke rissie
en draai ’n reep spek rondom. Sit die rissies
op ’n bakplaat en rooster hulle vir sowat
15 minute tot die spek gaar is maar voordat
die kaas uitkook.
2 Kook die aartappels in soutwater vir sowat
15 minute tot net sag. Dreineer en laat
effens afkoel. Gebruik ’n appelboor of die
punt van jou groenteskiller en maak
versigtig ’n holte in die aartappels groot
genoeg dat ’npopperdaarin sal pas.
3 Prop nou ’n gaarpopperversigtig in
elke uitgeholde aartappel en as jy wil stop
die bo-punt van die aartappel toe met van
die vlees wat jy uitgeboor het. Pak die
aartappels styf langs mekaar in ’n rooster-
pan; bedruip met die olie en stip met die
botter. Geur met seesoutvlokkies en
varsgemaalde swartpeper en bak tot
goudbruin en bros (sowat 40 minute).
Draai halfpad deur die baktyd om.

Spek-en-hoenderpastei
Pleks van ’n deegdop kry dié pastei ’n
spekbolaag en heel eiers binne-in. Die
pastei is lekker vir ontbyt laat-ontbyt
middag- óf aandete.

Genoeg vir 1 formidabele pastei
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 200 °C


  • 12 kg hoenderstukke
    (minstens 2 borsies)

  • 15 ml olie

  • 2 mediumgroot wortels geskil en gekap

  • 2 selderystingels gekap

  • 2 lourierblare

  • 500–750 ml aftreksel

  • 30 ml botter

  • 250 g sampioene skoongevee en gekap

  • 3 preie gekap

  • 30 ml meel

  • 250 ml room

  • 400 g spinasie geblansjeer en gekap

  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil

  • 125 ml gekapte platblaarpietersielie

  • ’n knippie neutmuskaat

  • 400 g blaardeeg

  • 9 saggekookte eiers afgedop

  • 400 g spekrepe

  • sowat 15–30 ml soet rissiesous
    (opsioneel)


1 Braai die hoenderstukke bruin in die
olie. Skep dit dan in ’n pot met die wortels
seldery lourierblare en aftreksel. Bring tot
kookpunt en laat prut rustig vir sowat
25 minute tot gaar. Dreineer (behou die
aftreksel) laat effens afkoel en pluis. Gooi
die vel en been weg.
2 Skep die botter in dieselfde pan waarin
die hoender gebraai is en braai die
sampioene en preie tot gaar en geurig. Geur
met sout en varsgemaalde swartpeper en
roer die meel by. Braai vir ’n minuut. Klits
nou die room en 250 ml van die behoue
aftreksel by en laat prut tot verdik. Roer die
spinasie suurlemoenskil pietersielie en
neutmuskaat by en laat afkoel. Roer die
hoender by.

3 Voorverhit die oond. Voer ’n diep
vierkantige koekpan (23 cm) uit met die
blaardeeg (rol dit effens dunner indien
nodig). Plaas ’n vel bakpapier op die deeg
skep droë boontjies bo-op en bak blind vir
sowat 25 minute. Verwyder die bakpapier
en boontjies en bak vir nog ’n paar minute
tot lekker bruin – so verseker jy ’n bros kors.
4 Skep die hoendervulsel in die deegdop en
rangskik die eiers tussen-in as verrassing
wanneer jy die pastei sny. Weef nou die
spekrepe in ’n stywe ruitpatroon (sien foto
op bl. 111) en sit dit bo-op die pastei; vou
dit oor die vulsel en om die rande in eerder
as om enige spek wat oorsteek af te sny.
Die spek gaan krimp terwyl die tert bak
daarom moet dit aanvanklik groter wees.
5 Verf die soet rissiesous oor die spek en
bak die pastei vir sowat 25 minute of tot die
spek mooi bruin en die pastei deurwarm en
gaar is. Sit dadelik voor.

Botterskorsie-
en-wortelslaai
Gerasperde wortelslaai met pynappel bly ’n
retro-gunsteling; dié resep verfris die
kombinasie so ’n bietjie.

Genoeg vir 6 as bygereg
Bereidingstyd: 10 minute


  • 4 lemoene

  • 200 g botterskorsie-noedels

  • 4 mediumgroot wortels in linte gesny

  • 1 rooi ui in dun ringe gesny

  • ’n hand vol gemengde koljander- en
    mentblaartjies

  • ’n paar vars ertjielote

  • 60 g gevlokte amandels gerooster
    SLAAISOUS

  • ’n knippie elk sout suiker en rooipeper

  • 30 ml rooiwynasyn

  • 30 ml goeie sesamolie (gemaak van
    geroosterde saad)

  • 15 ml olyfolie


Sny die lemoene in segmente en druk die
sap in die lemoenreste uit in ’n maatbeker.
Klits al die slaaisousbestanddele saam en
voeg van die vars lemoensap na smaak by.
Meng die lemoen botterskorsie wortel ui
kruie en ertjielote en meng die sous deur.
Skep op ’n mooi dienbord sprinkel die
neute oor en lê weg.

sondagmaal


114 tuis Mei 2017

Free download pdf