Tuis. 05

(Tuis.) #1

Malvapoeding-brownies


Dekadent verby!


Genoeg vir 10–12 brownies
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 160 °C



  • 4 ekstragroot eiers kamertemperatuur

  • 250 ml (200 g) suiker

  • 180 ml (72 g) kakao

  • 125 ml (70 g) bruismeel

  • 250 g botter gesmelt

  • 60 ml gekapte pekanneute
    SOUS

  • 250 ml room

  • 180 ml (144 g) suiker

  • 100 ml botter

  • 25 ml Amarula (opsioneel)


1 Voorverhit die oond en voer ’n lang
broodpan (30 x 11 cm) uit met bakpapier.
Klits die eiers en suiker saam tot lig van kleur
en baie dik en romerig. Sif die kakao en meel
saam en vou dit om die beurt met die botter
en neute by die eiermengsel in. Giet in die
voorbereide pannetjie en bak vir 1 uur.
2 Maak die sous Verhit al die bestanddele
saam tot die botter en suiker gesmelt is; laat
die mengsel dan vir ’n paar minute kook.

3 Prik die poeding oraloor met ’n toetspen
sodra dit uit die oond kom en giet die helfte
van die sous oor. Dit sal lekker intrek. Laat
afkoel tot kamertemperatuur voor jy dit
uitkeer in skyfies sny en met die res van die
sous voorsit. Roomys en ingelegde
koejawels is heerlik hierby.

116 tuis Mei 2017

Free download pdf