Tuis. 05

(Tuis.) #1

Vlatert


Dié vlaresep kom uit een van my
stokou resepte-plakboeke en is so
maklik soos 1 2 3.


Genoeg vir 4 x 12 cm-tertjies
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute



  • sowat 400 gcrunchy-styl-koekies
    gekrummel

  • sowat 125 ml gesmelte botter

  • roomys vir voorsit
    VULSEL

  • 150 ml vlapoeier

  • 400 ml melk

  • 1 blik kondensmelk

  • 500 ml water

  • 5 ml vanieljegeursel
    PIESANGBOLAAG

  • 125 ml (100 g) bruinsuiker

  • 30 ml botter

  • 2–4 klein piesangs gehalveer en met
    suurlemoen besprinkel

  • 15 ml brandewyn

  • 60 ml rosyntjies in warm rooibostee
    geweek tot sag


1 Meng die krummels met genoeg botter
om ’n sanderige tekstuur te verkry en voer
die tertpannetjies daarmee uit. Sit in die
yskas tot nodig.
2 Maak die vulselMeng die vlapoeier
met 50 ml van die melk tot ’n gladde pasta.
Giet die kondensmelk water en oorbly-
wende melk saam in ’n mikrogolfvaste bak
en verhit in die mikrogolfoond op hoog vir
10 minute of totdat dit kook. Klits die
vlamengsel en die vanielje by en verhit vir
nog sowat 3 minute tot dik en romerig. Klits
goed ná elke minuut. Giet die vla in die
voorbereide korse en laat dit afkoel voor jy
dit in die yskas sit tot gestol.
3 Vir die piesangbolaag Smelt die suiker in
’n klein pan; skud die pannetjie gereeld om
seker te maak al die suiker kry ewe veel
hitte. Sodra al die suiker gesmelt is en dit
begin karamelliseer voeg die botter en die
piesangs by. Braai vlugtig totdat die plat
kante bruin word. Roer die brandewyn en
rosyntjies by en draai die piesangs een keer
om. Sodra die piesangs goed kleur het
skep dit bo-op die tertjies met die rosyntjies
en ekstra karamel. Dis belangrik dat die
piesangs nie te lank braai nie; dit moenie ’n
pappery word nie (dit sal nog steeds lekker
wees maar nie so mooi nie). Sit voor met
roomys.

Free download pdf