Tuis. 05

(Tuis.) #1

1 Voorverhit die oond en voer drie 20 cm-
koekpanne uit met bakpapier. Sif die meel
en bakpoeier saam in ’n mengbak. Gebruik
’n ander bak en klits die eiers en suiker
saam tot baie dik en lig van kleur.


4 Maak die stroop deur al die stroop-bestanddele saam in ’n
klein kastrol oor matige hitte te smelt en dan vir ’n minuut of
twee te kook. Sny die afgekoelde koeke se bokante gelyk met
’n skerp mes en maak terselfdertyd seker hulle is min of
meer ewe dik. (Buk af tot jy op ooghoogte met die koeke is
en bekyk hulle só.) Verf die stroop oor die gesnyde bokante –
dit hou die koek klam en help om die krummels in toom te hou.

2 Verhit die melk tot net onder kookpunt
en laat trek die rooibostee daarin tot sterk.
Haal uit en meng die melk met die botter
lemoengeursel en -skil. Vou die meel en die
melkmengsel om die beurt by die eier-
mengsel in. Behou soveel lug moontlik.

3 Verdeel die beslag tussen die drie
voorbereide koekpanne. As jy net twee
pannetjies het kan jy die derde hoeveelheid
terughou en ná die eerste sarsie bak. Bak vir
sowat 25 minute of tot ’n toetspen skoon
uitkom. Laat heeltemal afkoel en keer uit.

5 Berei die versiersel deur die botter en
versiersuiker saam te klits tot lig en romerig
en dan die roomkaas en vanielje vinnig by te
klits. Sodoende word die kaas nie oorwerk
nie. Smeer ’n laag versiersel bo-op elk van
die koeklae en stapel hulle dan op mekaar.

6 Gebruik nou ’n paletmes om die buitekant
van die koek met versiersel te smeer. Sit eers
’n ruim homp versiersel op die mes en
“pleister” dit aan. Werk skraap-skraap sodat
die koek steeds deurskyn en die versiersel ’n
aantreklike grofheid het. Die skoonheid van die
tegniek is dat die afwerking nie te netjies moet
lyk nie. 7 Sit die koek versigtig op ’n mooi
plank of staander en versier die bokant ryklik
met allerhande lekkertes wat by die geur van
die koek pas. Ons het ingelegde Clemengold-
helftes appelliefies sjokoladestukke karamel-
haselneute en versuikerde lemoenskil gebruik
asook suurlemoenblare en eetbare blommetjies
wat met eetbare goud geverf is.

123


4 5


67

Free download pdf