Tuis. 05

(Tuis.) #1

3


In samewerking
met Huletts

Met dié maklike smaaklike resepte kan Ma lekker


agteroor sit terwyl Pa en die kinders aandete maak!


met souse


planne


12


STROPERIGE BALSEMIEK-GLASEERSEL Maak sowat 125 ml


  • 250 ml balsemiekasyn • 125 ml Huletts Treacle Sugar

  • 10 ml Huletts Molasses • 2 takkies tiemie

  • ’n ruim strooisel seesoutvlokkies


Meng al die bestanddele behalwe die sout in ’n klein kastrol en
roer oor matige hitte tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en
kook tot stroperig. Hou die mengsel fyn dop sodat dit nie oorkook
nie. Roer tot die mengsel stroperig en glansend is geur met die
sout en laat afkoel.
OPDIENVOORSTELSprinkel die glaseersel oor oondgeroosterde
botterskorsietamatieenfetaen sit voor op ’n bed vankoeskoes
gemeng met gaarkeker-ertjies. Strooi ’n lekker groot hand vol
mikrokruieoor om af te rond.

LEMMETJIE-EN-KOLJANDERSOUSMaak sowat 125 ml


  • 60 ml Huletts Treacle Sugar • sap van 2 lemmetjies

  • 2 jalapeño-rissies ontpit en fyngekap • 60 ml sojasous

  • 30 ml geroosterde-sesamolie • 15 ml vissous

  • 250 ml vars koljander gekap • 3 sprietuie fyngekap


Meng die Huletts Treacle Sugar met die lemmetjiesap en mikrogolf
’n paar sekondes om die suiker op te los. Voeg die res van die
bestanddele by en meng goed.
OPDIENVOORSTELMarineer 1 kg steurgarnale (oopgevlek en
met die dermpie verwyder) vir 15 minute in die helfte van die
sous. Rooster panbraai of braai die garnale tot pienk en geurig.
Sit voor op ’n bed van noedels en jou gunsteling-roerbraaigroente.
Sprinkel die res van die sous oor vir ’n geurige feesmaal.

Koeskoesslaai Garnaalnoedels


STROPERIGE
BALSEMIEK-GLASEERSEL

LEMMETJIE-
EN-KOLJANDERSOUS

122 tuis Mei 2017

Free download pdf