Tuis. 05

(Tuis.) #1

130 tuis Mei 2017


agterblad


Eenvoudige aardse dinge is kosbaar vir


wonderlike aardse mense – soos Riana


Scheepers se talentvolle vriendin.


Meel sout en gis


Ek het ’n Britse vriendin wat vir my kom kuier. Sy is ’n juwelier
wat weergalose sierade maak. Oor die wêreld heen begeer
mense haar juweelstukke en betaal astronomiese pryse daarvoor.
My vriendin is beeldskoon eksentriek – en arm want sy gee al
haar geld weg vir organisasies betrokke by die rehabilitasie van
getraumatiseerde diere. My vriendin is wonderlik.
Sy is uiteraard ook ’n vegetariër.
Ek maak baie maklik vir my vegetariese vriende kos want ook
ek floreer op slaai en groente.
Maar my eksotiese vegetariese vriendin het nog ’n unieke
eienskap: Sy eet nie eintlik slaai nie. ’n Vegetariër wat nie slaai
eet nie?
Sy ken haar eie liggaam sê sy; sy weet wat vir haar goed is.
Daar is nog iets waaraan Jasmine nie veel erg het nie. Sy hou
nie van die gedruis van baie mense nie. Sy woon in Londen sy
het áltyd mense om haar maar waar sy eintlik wil wees is êrens
in ’n ongerepte wilde wye landskap waar die naaste mens ’n
honderd kilometer ver is. Sy wil op ’n klip sit en mediteer. Sy wil
sien hoe ’n toktokkie deur die veld loop en na sy vlegselspoortjie
in die sand kyk. Sy wil ’n suikerbekkie dophou wat nektar uit ’n
plakkieblom se kelkie drink. Maar sê sy as sy eendag ’n
baba-kameelperdjie kan sien sal sy sowaar dóódgaan.
Kom sê ek vir my vriendin met die wilde bos swart hare ek
weet presies waar jy wil wees.
Ek neem haar Tankwa-Karoo toe.
Sy kan nie glo dat daar so ’n plek op die aarde is nie.
Sy klim die hoogste rant uit en sit met toe oë op ’n klip ure
lank. Sy kan nie genoeg kry van die koper kleur van die Tankwa
se winterson die vars lug die osoon die skurwe klippe en die
Groot Niks nie. Sy soek die gediertetjies van die veld en volg hul
vlegselspoortjies vir kilometers die veld in. Sy sien die suiker-
bekkies wat nektar uit die aalwyne se kelkies drink. Sy sien
baba-springbokkies en ’n gemsbok-kalfie wat aangekom het
maar by die vier kameelperde op die plaas is daar nie ’n teken
van ’n klein langnekkie nie.
Sy dink sy’s in die hemel en sy is.
Terwyl Jasmine op haar klip sit maak ek vir haar kos. Sy eet
eiervrug en lensies broccoli met olywe en basilie. Een aand eet
sy ’n hele bak pampoenkoekies op; my mond hang oop. Ek maak
vir haar geroomde tamaties murgpampoentjielinte en patat in die
kole gebak. Vir nagereg kry sy kwepers en groenvye en stukke
heel makataan. Dit alles is vir haar heerlik sy smul aan alles wat
ek voorsit.
Jasmine sit nie haar mond aan slaai nie maar daar is iets
waarvan sy net nie genoeg kan kry nie. My tuisgebakte brood. [email protected]

Riana


Elke dag bak ek vir haar ’n ander soort brood. Sy kry potbrood wat
ek in ’n swart ysterpot oor stadige kole bak. Ek keer die brood op ’n
verweerde houtplank uit en smeer die snye met plaasbotter wat oor
die brood insmelt. My Londense vriendin dink sy is terug in die
Middeleeue maar sy verklaar plegtig dat haar koningin met al haar
geld nie hierdie heerlikheid sal kan bekostig nie. Die volgende dag
kry sy roosterkoek oor die kole; sy begin in alle tale jubel. Die
volgende aand is dit ’n tradisionele braaibroodjie tuisgebakte
plaasbrood met kaas en tamatie en uie. Sy kan nie ophou lag van
lekkerte nie. Lena wat op die plaas bly bak vir haar ’n asbrood.
Jasmine praat nie omdat sy te besig is om nóg ’n hap te vat.
Op die laaste dag van ons verblyf in die Tankwa begin die wolke
uit die Noordweste rol. Toe die reën uitsak is ek so bly soos ’n kind
wat ’n geskenk gekry het. Vanaand bak ek vir jou vetkoek! Ek meng
en knie die meel sout en gis. Die deeg rys geil onder die brooddoek
uit. Ek steek die kaggel aan. Terwyl dit saggies oor die droë aarde
stuif bak ek vir haar vetkoek soos my ouma dit vir ons op
reënaande gedoen het. Daardie aand sê sy nie een enkele woord
nie. Die trane rol oor haar wange.
Ek wil net nie hê Jasmine moet te gou terugkom nie want
intussen hét daar ’n baba-kameelperdjie op die plaas aangekom.
En sy moet dit liewer nie sien nie ek is te lief vir haar.

Illustrasies

Paula Dubois
Free download pdf