Die vertoonkaste in dié gastekamer
(middel bo) kom uit Grand Hotel Antiques
een van hul gunsteling-antiekwinkels
in Albertsville Johannesburg. âZic die
eienaar is ân eksentrieke karakter met ân
stylvolle fedoraâ sê Gerhard. âDie twee
kaste was pas afgeskuur en ek het hulle
gered net voor hulle ân vreeslike laag
meubelolie sou kry.â
Die sterk visuele impak van die besonderse
âkopstukâ in die hoofslaapkamer (oorkant
en links) is in pas met die dubbelvolume.
Omdat die bed ân ekstragroot konings-
grootte is was dit belangrik om alles in
verhouding met mekaar te hou. Só is die
bedkassies eintlik klein TV-kabinette maar
saam met die ander oorgroot meubels werk
dit perfek.