Tuis. 05

(Tuis.) #1

Vir Gerhardt en Kosie is elke meubelstuk spesiaal dikwels met ’n
eie storie. Party is geërf ander kom van antiekwinkels of is vir ’n
appel en ’n ei by sloopwerwe gekry.
“Die teekas in die sitkamer het ’n skamele R400 gekos. Baiekeer
kry ons ook meubels goedkoop in die hande maar dis dalk met
ietwat vreemde materiaal oorgetrek; dan stoffeer ons dit in iets wat
meer sosiaal aanvaarbaar is.”
Hul kreatiewe oog sien potensiaal wat ander sou miskyk. In een
van die gastekamers (oorkant bo) dien ’n vensterraam uit die
oorspronklike Pretoria Hotel byvoorbeeld as kopstuk. Gerhardt en
Kosie het dit by Independent Traders Unlimited opgeraap en met
metaalversterkings aan die muur vasgesit. En in die hoofslaapkamer
bestaan die “kopstuk’’ uit kettings wat altesaam 70kg weeg.
Gerhardt het dit gemaak en opgehang terwyl Kosie weg was by ’n
kongres “sodat hy nie beswaar kon aanteken nie”.


Die projek wat op die oomblik die manne se oë laat blink is die
gastekamer met sy Mexikaanse tema (volgende bladsy). Dit het
begin met ’n helderrooi krale-kandelaber wat hulle by ’n Weylandts-
uitverkoping raakgeloop het. “Ons wou die Mexikaanse invloed
meng met die tropiese styl wat nou so gewild is in dekor”
verduidelik Kosie.
Ander versamelgoed het bygekom soos verskeie afbeeldings
van Moeder Maria in ware Mexikaanse styl. “Die voorkoms van die
vertrek is losweg geïnspireer deur die kunstenaar Penny Siopis en
die Durbanse dekorwinkel Shoppe” vertel Gerhardt. “Die Maria-
beeld het ek by my ma gekry. Ek was bang sy onterf my oor ek dit
geverf het maar toe sy dit sien het sy hare ook met verf bygedam!”
vertel hy laggend.
Vir dié twee is die lewe heeltemal te kort om stil vervelig of vaal
deur te bring. >>

Teen die hoofslaapkamer se hoë muur
skep kettings van verskillende lengtes
die illusie van ’n kopstuk.

Niks vaal of vervelig nie


Muur geverf in Earthcote se Sand
Paint in die kleur Dungbeatle

Mei 2017 tuis 27

Free download pdf