Tuis. 05

(Tuis.) #1

’


’n Langdurige liefde vir die markte en stegies van mistieke Marokko
en sy invloed op haar gewilde Kaapse winkel Moroccan Warehouse
beteken Kundra Bowley is net die vrou om by aan te klop vir
eksotiese dekor wat met sorg in Marrakesj uitgesoek is.
Dis geen wonder dat haar huis ’n eeu oue kothuis in Tamboers-
kloof teen die hange van Leeukop ’n verruklike uitdrukking is van
dié kreatiewe verhouding nie.
Met die intrapslag in Kundra se huis deesdae te huur op AirBnb
voel dit kompleet of jy in Marokko kuier – van die tradisioneel
versierde voordeur met gegraveerde gipspanele alkant tot die
pragtige binnehof agter ’n oase met helderblou teëls ’n lieflike
kabbelende fontein geil bougainvillea en ’n olyfboom.
“Niks in my huis is perfek nie” sê Kundra. “En niks is duur nie.
Dis vir my die mooiste soort mooi.”
Die binnekant van die huis was eers donker en knap maar
Kundra het die klein ruimte groter laat voel met glasdeure wat van
die slaapkamers lei en ’n leefarea wat oopmaak op die twee buite-
areas: Die binnehof agter het ’n uitsig op Tafelberg en voor is daar
’n plonspoel en ’n uitsig op die middestad – en alles komplementeer
die Marokkaanse atmosfeer van die interieur.

Bring haar werk huis toe
Die meubels en afwerkings in haar huis lyk of dit moeiteloos
bymekaargesit is. “My dekorstyl is nederig; ek gebruik eenvoudig
elemente wat my na aan die hart lê” vertel Kundra.
En dit waarvan sy hou val ook in ander se smaak. In so ’n mate
dat besoekers dikwels items in haar huis bewonder en dan is
Kundra meer as gelukkig om dit net daar aan hulle te verkoop.
“Dis vir my so lekker wanneer iemand beïndruk is met iets wat ek
teruggebring het van my gunstelingland. Die goeie ding is dat daar
gereeld nuwe items inkom danksy my winkel.”
Die warm ryk kleure van die meubels sagte matte geteëlde
fokusmure en versamelgoed staan pragtig uit teen die natuurlike

kleur van die afgevlakte wasgeseëlde mure – ’n kalmerende
skakering wat herinner aan ’n woestynlandskap.
“Wat dekor betref is daar twee Marokkaanse style” verduidelik
Kundra. “Daar is die oordadige goud koper en donker hout van
moderne Marokko en dan kry jy die rustieke handewerk van
Berbers wat jy by die markte of souks raakloop. Dis hulle wat die
sogenaamde ‘onvolmaakte’ items maak waarvan ek so baie hou: die
rottangstoele stoele met kerfwerk op hul spits pote tafels met
mosaïekwerk op die blaaie lampkappe van bokvel matte en
kombuisware. Die mooiste vir my is dat daar amper altyd ’n storie
agter die item of ontwerp is.”

’n Liefdesreis ...
Kundra se liefde vir Marokkaanse argitektuur en dekor wat 25 jaar
gelede tot haar winkel gelei het het toevallig begin by ’n mode-
fotosessie in Frankryk. Sy was ’n modestilis en die Franse fotograaf
met wie sy gewerk het het ’n vinnige fotosessie voorgestel in
Marokko net twee uur per vliegtuig daarvandaan.
“So is ons toe vort; dit was hoogsomer met die kwik op 55 °C! Net
voor ons terugvlug het ek besef ek het nie ’n aandenking van my
besoek aan dié land nie. Ek het haastig by die naaste souk ingedraf
en ses klein bakkies gekoop voor ek weer moes hol om betyds te
wees vir die bus lughawe toe. Ek het geweet ek sou terugkom.”
Kundra was so bekoor deur die Marokkaanse styl dat sy almal
tuis aan dié lieflike handewerk wou bekend stel. Sy het ’n besending
ware ingevoer en in ’n vriend se garage te koop aangebied – binne
’n paar uur is die lot verkoop! Dit het haar laat besef dit kan ’n
suksesvolle onderneming wees.
Al het sy ’n agent in Marrakesj hou sy daarvan om self elke jaar
soontoe te reis om items te gaan uitsoek. Sy en die agent vaar dan
die stofstrate in op ’n bromponie op soek na skatte en onder handel
in gebroke Frans en Arabies om die items wat haar hartsnare roer
terug Suid-Afrika toe te bring. >>

Langs die plonspoel in die voortuin skep
glasvesel-Art Deco-stoele van Marrakesj
’n kontemporêre gevoel.
Free download pdf