Tuis. 05

(Tuis.) #1
In een van die slaapkamers is ’n ou waskamer omskep in ’n
instapkas agter dié pragtig geverfde Marokkaanse dubbeldeur.
Die ou winkelpop wat Kundra gebruik het toe sy as modestilis
gewerk het maak ’n oulike dekorelement uit.

Die binnedeure is
net soos die voordeur
omraam met versierde
gips. Al die vloere is
behandel met Midas
Earthcote Pigmented
Floorcote in die kleur
Green Cement.

In die badkamer het
Kundra grys afgevlakte
mure gekombineer met
swart-en-wit teëls vir ’n
kalm atmosfeer. Krane
van vlekvrye staal en ’n ou
spieëlraam wat sy swart
laat beits het staan uit
teen die koel mure.

Die mure is afgevlak met Earthcote
Pandomo in die kleur Amaglass. “Ek is
dol oor die ‘onvolmaakte’ voorkoms en die
gevoel van beweging wat die afgevlakte
mure het” sê Kundra.

Free download pdf