Tuis. 05

(Tuis.) #1

4 tuis Mei 2017


’


’n Paar jaar gelede gaan kyk ek na ’n huis hier in die
Kaap. My hande jeuk ek is lus vir opknap.
Die huis was op ’n hoek en die toneel toe ek uit my
motor klim was iets uit ’n sitkom: Die agent is
bedremmeld; handsak in die wind dwing sy my om die
draai en kondig met groot oë en in ’n fluisterstem aan:
“Hoor hier ek moet jou net waarsku. Die huismense is
kreatief en hulle seuntjie is báie kreatief. Ons kan ná
die tyd gesels weer hier op die hoek. Kom kyk maar eers ...”
Ek is volgende jaar 20 jaar ’n joernalis en ná al dié tyd van mense se
stories vertel en lees kan ek maar net sê: So ’n aankondiging is kos vir my
verbeelding; ek verwag altyd die ergste.
Ek was nie teleurgestel nie.
Die huis binne was reeds met groot moeite opgeknap – wit sement-
vloere ’n duur kombuis wat uitloop op ’n binnehof met ingeboude
sitbankies en in wat voorheen ’n kelder was in dié ou Victoriaanse huisie
’n ekstra slaapkamer so slim ingerig mens moes dit eintlik afneem en vir
die wêreld wys.
Maar die huismense was inderdaad kreatief. En ja so ook hul seuntjie.
Want alles was bekrap met die mannetjie se “kuns”. Kryt koki potlood en
ink oral: op die mure die nuwe kombuiskaste se hoëglans-deure die
vloere. Selfs die spieëls in die kamers. Die huis was basies ’n groot
krabbelpatroon wat jy nie sommer net met water en seep sou kon afwas
nie. Splinternuut maar het dringend ’n opknap gekort.
Ek het met moeite my lag onderduk en die agent se oë sou sweerlik uit
hul kaste val as ek iets durf sê. Wat beteken ek hét iets gesê; ek kon
myself nie help nie.
“Haai kyk prentjies oral” merk
ek toe op. “Wie is die
kunstenaar in die huis?”
Die ma van die huis
het begin straal en was reg om
die storie agter elke
prentjie te vertel. Sy
het haar en haar man se
filosofie rondom ouer-
skap begin uitlê terwyl die kind
aan haar rem pluk beduie en
huil. (Voetnota: Jy kan jou kinders grootmaak soos jy wil maar ek gaan nie
noodwendig jou huis koop nie.)
Die agent was gereed vir mond-tot-mond.
Ek het teruggestaan en die tafereel geniet.
Nodeloos om te sê ek en die agent het ná die besigtiging nie eers weer
die hoek gehaal nie.
Té kreatief as jy my vra.
In dié uitgawe het ons by regte kreatiewe mense gaan kuier – mense
wat ons inspireer en wie se huise so mooi is jy wil als na-aap. Van hulle is
winkeleienaars wie se ware ons dikwels wys ander is nuwe kenners wat
ons breed laat glimlag. Ek sê altyd as ek ’n storie klaar gelees het en
dadelik die telefoon wil optel vir ’n kwotasie vir my eie huis dan het ons
die spyker op die kop geslaan.
Laat ek maar net sê ek het al drie oproepe gemaak ...
Lekker lees!

[email protected]

Hallo


REDAKTEUR
Kaapstad-kantoor
Kaapstad-posadres
Kantoorbestuurder
Johannesburg-kantoor

REDAKSIE
Ontwerpredakteur
Senior ontwerper
Vryskut-ontwerper
Kreatiewe redakteur
Teksredakteurs
Artikelredakteur
Kosredakteur
Digitale redakteur
Fotograaf
Foto-opknapper
Interns

MEDEWERKERS

Handelsmerkbestuurder
Produksiebestuurder
Sindikasiebestuurder

DRUK- EN DIGITALE VERKOPE
Hoof: Advertensieverkope
(Kaapstad en KZN)
Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)
Verkoopbestuurder (Johannesburg)
Toonvenster-advertensies

SIRKULASIE
Sirkulasiebestuurder
Produkbestuurder

Kopiereg Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe
toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese
middel weergegee word nie hetsy deur fotokopiëring skryf- of bandopname of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in
artikels rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies
wat in die tydskrif gepubliseer word akkuraat is kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid
aanvaar vir enige verlies skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om
veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word en kan nie aanspreeklik gehou
word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Alle pryse is onderworpe aan verandering en kan
verskil van winkel tot winkel; die prys in die winkel moet as die finale bevestigde bedrag beskou word.

Tuis word uitgegee deur Media24 Heerengracht 40 Kaapstad 8001. Tel. 021 406 2121
Uitvoerende hoof: Media24 Esmaré Weideman
Hoof: Media24 Drukmedia Ishmet Davidson
Hoof- finansiële beampte: Media24 Leefstyl Raj Lalbahadur
Uitgewer Marianne Erasmus • Finansiële bestuurder Jameelah Conway

Intekeninge hernuwings
en navrae
BEL 087 740 1023 • FAKS 086 457 5922
E-POS [email protected]
SMS “tuis” na 32361 (R1 per SMS)
WEB http://www.my-mags.com

Wicus Pretorius ([email protected])
19de Vloer Absa-gebou Adderleystraat 4 Kaapstad
Posbus 1802 Kaapstad 8000
Natalie Herman 021 408 3041
Media Park-gebou Kingswayweg 69 Auckland Park

Andrew Maritz
Joanne Uytenbogaardt
Enid de Beer
Marian van Wyk
Desiree Hartney en Johletta Brits
Kim Arendse ([email protected])
Johané Neilson ([email protected])
Shané Barnard
Francois Oberholster
René Nortjé
Carissa Govender en Suné Esterhuizen

Shelly Bergh Elza Cooper Deon de Goede
Gerda Engelbrecht Marié Esterhuyse Gillian Eva
Gareth Hubbard Frieda le Roux Kay Montgomery
Beatrice Moore-Nöthnagel Riana Scheepers
Ludwig Taschner JJ van Rensburg Amanda van
Wyngaardt Henrique Wilding

Roxanne Cloete 021 408 3815
Kim Petersen
Lucille van der Berg
021 408 3038 [email protected]
(Fotostate fakse en die pos van inligting kos R25)

Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396

Charlene Meyer 082 928 5970
Susan Pienaar 083 281 7300
Evonne Mehl 021 461 2396

Adele Minnaar 011 713 9440
Janine Snyman 011 713 9918

In dié uitgawe het


ons by regte kreatiewe


mense gaan kuier –


mense wat ons inspireer en


wie se huise so mooi is


jy wil als na-aap.

Free download pdf