Tuis. 05

(Tuis.) #1

Die swart tafel langs
die eiland was eers ’n
badkamer-spieëlkas.
“Ons het dit nie meer
nodig gehad nie maar
wou dit nie net uitgooi
nie toe gebruik ons dit
vir ekstra pak plek in die
kombuis” sê Bridget.


As jy lank genoeg stilstaan in die Richardsons se
huis is die kans goed dat jy ook geverf gaan
word! Dis ’n ou grap tussen Bruce en Bridget.
Sy's die eienaar van die aanlyn-skryfbehoefte-
winkel Love Letters Stationery – en ’n toegewyde
dekorliefhebber. “Dis waar” sê sy laggend.
“Vertrekke word sommer oor ’n naweek
opgeknap as ek die krag het!”
Bridget het haar onderneming nege jaar gelede
op die been gebring toe sy ’n geskenk gesoek het
vir ’n vriendin wat graag briewe skryf. “Ek kon nie
’n geskikte stel kaartjies in Suid-Afrika kry nie en
het besef daar’s ’n gaping vir bekostigbare skryf-
behoeftes met ’n persoonlike aanslag” sê sy.

Maar Bridget se kreatiwiteit hou nie daar op
nie. Wanneer sy nie in haar tuiskantoor werk nie


  • ’n sjarmante “tuinskuur” in die agterplaas – is
    sy besig om ’n sloopwerf-vonds te verf meubels
    te herrangskik of foto’s op te hang.
    Haar handewerk het van dié huis ’n stylvolle
    gesinswoning gemaak. Die kleurpalet is subtiel
    met net die regte aksente waaronder antiekware
    ongewone bekostigbare kopies van tweede-
    handswinkels erfstukke en selfdoenprojekte.
    “Al verander die dekor in ons huis heeltyd
    koop ek nie baie nuwe goed nie” sê Bridget.
    “Ek hergebruik en gee artikels nuwe nut maak
    ougoed mooi en skuif meubels rond.” >>


Dol hieroor!
Bridget het die
hanglampe gemaak
van piouterbakke


  • so kreatief!


40 tuis Mei 2017

Free download pdf