Tuis. 05

(Tuis.) #1
Oorgenoeg ruimte
Die Richardsons het vyf jaar gelede hierheen getrek om nader
aan die kinders se skole te wees; hulle was op soek na ’n
ouer huis met genoeg ruimte vir onthaal.
“Ons het eers in ’n veiligheidskompleks gewoon en wou
dolgraag iets met meer karakter hê” verduidelik Bridget.
Sy en Bruce was dadelik verlief op die argitektoniese detail
boogdeurgange hoë plafonne Oregondennehoutvloere – en
natuurlik die sink-skuurtjie van waar Bridget en haar twee
helpers haar onderneming bedryf.

“Ek dink ons is baie gelukkig dat ons ’n huis gekry het
wat ook plek het vir my besigheid; dis perfek al begin Love
Letters die skuurtjie nou ontgroei!” sê Bridget en lag.
En net soos dit ’n kreatiewe meesterbrein betaam is
die huis propvol verrassings en slim dekor-idees – van
besonderse handgemaakte kunswerke tot ou rottang-
lampkappe wat as muurversierings ingespan is. En
alles is so stylvol ingerig dat jy sou dink die hele
lot is ontwerpersitems... >>

’n Afdruk van ’n wêreldkaart
in die eetarea is ontwerp en
gemaak deur Love Letters
Stationery. “Wanneer ons nie
weet wat om vir aandete te
maak nie kies ons ’n land op
die kaart en soek ’n resep vir
’n klassieke gereg uit daardie
geweste” sê Bridget.

Hanglampe van
Weylandts; swart en
wit vloerteëls van
KBAC Flooring; die
tafel is ’n erfstuk van
Bruce se ouma; die
stoele is op Gumtree
gekoop

Blink plan!
Wie sê ’n plafon moet wit
wees? Hier is die mure
wit en die plafon grys.

Free download pdf