Tuis. 05

(Tuis.) #1
“ ’n Regte oudoos-plek” was Marius van de
Wall se eerste indruk van die woonstel wat
deesdae sy moderne ligte blyplek in
Seepunt is. “Alles was aparte vertrekke
eintlik hokkies. Daar was so ’n simpel lang
smal sitkamertjie ’n outydse kombuis wat
gevoel het of dit in ’n gang ingedruk is en ’n
vreeslik benoude badkamertjie met ’n
Novilon-vloer.”
Maar gelukkig kon dié eks-Johannes-
burger sakeman en TV-vervaardiger verby
dit alles kyk. “Ek koop in elk geval liewer ’n
ou plek en ruk alles uit as wat ek iemand
anders se smaak koop en daarmee
opgeskeep sit” sê Marius ferm.
“Boonop het die wonderlikste sonlig deur
die vensters gestroom die dag toe ek kom
kyk het en is alles binne stapafstand.
Straat-af is ek ’n klipgooi van die
promenade; straat-op is al die winkels en
restaurante waarvoor ’n mens maar kan vra.
En dan het Seepunt nog so ’n lekker
kosmopolitiese vibe ook. Hier het ’n mens
kontak met die straat.
“Dis alles dinge wat ek nie in
Johannesburg gehad het nie. Daar het ek
agter hoë mure in ’n pragtige ou huis
gewoon met baie bome maar geen sonlig
nie. Hierdie woonstel was as’t ware ’n
reaksie daarop. Ek was boonop moeg vir die
onderhoud wat die visdam swembad en
tuin geverg het.”
Hy het in Februarie 2016 oordrag
geneem dieselfde maand met sy opknap-
werk begin en einde April 2016 kon hy
intrek. En tot sy verbasing is hy dol oor sy
nuwe sorgvryer leefstyl in ’n kleiner ruimte.
“Ek wou ’n eenvormige rustige plek skep
en myself uitdaag om meer minimalisties te
leef. Tydens die oorgang van Johannesburg
na Kaapstad het ek van baie meubels en
goed ontslae geraak en my woonstel sou
dié kopskuif weerspieël. Ek het letterlik en
figuurlik van baggage ontslae geraak!
“Tot my skok het ek in die proses
agtergekom dat ek eintlik nie van groot
ruimtes hou nie. Ek leef heerlik en knus in
’n woonstel wat nommerpas vir my
behoeftes ingerig is.
“Ek is ’n regte stadsjapie en mal oor
stap. Seepunt pas my dus soos ’n hand-
skoen – af met die trappe uit by die hek
en daar wag ’n hele stad met sy mense en
gedruis vir my. So op die rustige Kaapse
manier!” >>

Marius werk heerlik in sy nuwe tuiskantoor op die
balkon. ’n Groot venster en deur (links op die foto)
skei dit van die slaapkamer. “Die kantoor is lig
en ek kan lekker uitkyk totdat die son my in die
namiddag begin pla” sê hy. “Dan trek ek maar die
blindings toe!”
Lessenaar van Hemma Furniture; plantrak van
Thingking; tydskrifrak van MRP Home

“Ek hou niks daarvan as die televisie ’n fokuspunt is nie”
sê Marius. Daarom het hy die sweefrakke so laat installeer
dat die TV-stel as’t ware daarin verdwyn. “Dis ’n idee wat
ek by ’n vriendin se woonstel gesien het.”


Kussing heel regs van Woolworths; ander kussings van Zana


Mei 2017 tuis 51

Free download pdf