Tuis. 05

(Tuis.) #1

spieëls


8

MANIERE


MET


dekor


In triplikaat
Drie spieëls wat bloot op die
vloer staan is miskien ’n
doodeenvoudige dekor-idee
maar in Brigitte Hills se
skitterwit kantoor bring die
houtrame warmte in ’n
vertrek wat andersins koud
en strak kon wees. Boonop
kontrasteer dit treffend met
die wit palet en
komplementeer dit die
besonder hoë plafon deur
jou oog na bo te lei.

Interieurontwerp
deur Brigitte Hills
Interior Design

’n Spieël is ’n wonderlik veelsydige stuk
dekorgereedskap. Dit kan ’n vertrek groter en
ligter laat lyk ’n klassieke of kontemporêre
fokuspunt skep en is ’n maklike manier om
jou kreatiewe stempel af te druk.

Deur Marian van Wyk
Foto’s Francois Oberholster
en Henrique Wilding

#
1
Free download pdf