Tuis. 05

(Tuis.) #1

6 tuis Mei 2017


Die skrywer van dié maand se
wenbrief slaan ’n Robertson
Winery-geskenkpak van R1 500 los!

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos
na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/
tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

WEN!


KORTLIKS

Ronél Moorcroft van Bloemfontein
skryfEk leer graag nuwe vaardighede aan
en dra dit dan aan my vriendinne oor. So
het sewe van ons die hekelprojek in die
Junie 2016-uitgawe aangepak en wat slegs
’n oggendsessie sou wees het aangehou tot
vieruur die middag.
Dit het my hande sommer laat jeuk
vir nog projekte veral nadat ek in ons
Wendyhuis afgekom het op “juwele”
wat staan en stof opgaar. Die klein
rottangstoeltjies is van ’n vriendin wat

Australië toe geëmigreer het; geen
pandjieswinkel wou dit hê nie toe neem
ek dit. Die ou bankie is op Parys gekoop
en toe opgeknap. Die staalkas het in my
oorlede pa se motorhuis gestaan as pakplek
vir sy gereedskap nou is dit bêreplek in my
naaldwerkkamer. Die houtrakkies het ek
19 jaar gelede vir my eerste woonstel laat
maak nou behoort dit aan my 11-jarige.
Alles skoon- en mooigemaak!
Dankie vir ’n wonderlike tydskrif wat keer
op keer my kreatiwiteit aanvuur!

Altyd iets nuuts


Ons het onlangs groot veranderings in
ons huis aangebring en het ’n nuwe TV-
kas nodig gehad. Die een in die Oktober
2016-uitgawe was presies wat ek wou hê.
Ek het die kissies al vir baie jare en dit was
lekker om hulle nuwe lewe te gee. Ons
hou sommer baie daarvan!


  • Erica Zulch Port Elizabeth


My man se Oujaarsprojek: Hy het n
ŽŶŽŽŐůŝŬĞƐĞŵĞŶƚďůŽŬŝŶ͛ŶŐĞƌŝĞŇŝŬĞďĂŶŬ
omskep. Dié vakansietyd kon almal lekker
langs die swembad sit. Aan die agterkant
het hy selfs ’n deurtjie gemaak waar al die
ƐǁĞŵďĂĚƚŽĞƌƵƐƟŶŐŐĞďġƌĞǁŽƌĚ͘


  • Rosetta Calitz Randfontein


WENBRIEF


Klein begroting groot verskil Robertson Winery Lightly Sparkling Sauvignon Blanc en Lightly Sparkling Pinot Noir Rosé is net
wat jy kort vir ’n heerlike kuier. /ŶŶĞƌǀŝŐŽƌĂƟŶŐ
is hoe hulle dié verkwiklike wyne beskryf. Die
RW Lightly Sparkling Sauvignon Blanc is vars en
verfrissend met die geure van grenadella en
spanspek terwyl die RW
Lightly Sparkling Pinot Noir
Rosé spog met delikate
geure van aarbei en
waatlemoen. Dié
vonkelwyne is op hul
lekkerste saam met
vriende en goeie
geselskap. Vir nog
ŝŶůŝŐƟŶŐ͕ďĞƐŽĞŬ
robertsonwinery.co.za;
volg hulle ook op
&ĂĐĞŬĞŶdǁŝƩĞƌĞŶ
deel jou RW-oomblikke.

li t i h t

Oujaarsprojek: Hyhet’n

Maandelikse geskenk
Adèle Botes van Klerksdorp skryf As ’n kreatiewe mens bokspring my hart telkens oor
al die idees in Tuis. Ek raak so opgewonde dat dit vir my voel ek kan sommer elke week ’n
vertrek oordoen. Wat ek so waardeer is dat ek bekostigbare praktiese idees daarin kry om
my huis en tuin mooi te maak. Ook die resepte gee my lekker idees om op die proef te stel.
Elke uitgawe is soos ’n geskenk en familie en vriende weet al: As hulle vir my met ’n klein
geskenkie wil bederf is die jongste uitgawe van Tuis die beste opsie.

Voor Ná


Johan Naudé van Parklands Kaapstad
skryf Soos die meeste mense het ons maar
min rande oor nadat ons al ons verpligtinge vir
die maand nagekom het. Toe ons dus nie
meer met die bruin en room teëls in die
badkamer kon saamleef nie was al genade
om self in te spring; ons het immers al hoeveel
keer in Tuis gesien hoe mense ’n groot verskil
op ’n klein begroting maak! Ná ’n bietjie
navorsing het ons die teëls geverf met die
regte produkte – en siedaar ’n nuwe
badkamer binne ’n naweek! En dís wat Tuis so
wonderlik maak: Ander dekortydskrifte is vir
dagdroom maar al wys Tuis ook van daardie
pragtige huise is dit altyd vol slim planne
idees en inspirasie vir ons “gewone” mense.
Free download pdf