Tuis. 05

(Tuis.) #1

60 tuis Mei 2017


Slim spieëltafel
’n Halfmaantafel en los spieël waarvan die raam in
dieselfde mentgroen geverf is dien as spieëltafel in
Bea Kluyts (17) se slaapkamer in Welgedacht
Kaapstad. “Waar die spieëltafel nou staan was ’n
ongemaklike gangetjie nadat ons ’n muur uitgebreek
het” vertel haar ma Thea. “Bea wou graag ’n
spieëltafel hê maar daar was net nie plek nie. Toe
iemand by my werk die bal-en-kloutafeltjie uitgooi
was dit nommerpas vir dié ruimte.” Die spieëlraam
bestaan bloot uit ou portretrame wat op die spieël
geplak is; dit was voorheen helderpienk en wit.

Hart van klip
’n Groot erfstuk versag die sement-voorkoms van
dié badkamer. “Die spieël is oud en gehawend
maar ek hou van die kontras tussen die koue sement
en die antieke metaalafwerking” sê die huiseienaar
Martina Klopper.
“Ek kon aanvanklik nêrens ’n groot ou spieël vir
die muur kry nie toe gebruik ek maar die staan-
spieëltjie ’n mark-kopie” vertel sy. “Toe ek later die
grote raakloop was ek so gewoond aan die los spieël
dat hy maar gebly het.” Agter verskaf ’n ou
koperbord nóg warmte. ’n Lateks-bindvloeistof is by
die beton gevoeg om dit minder poreus te maak; dis
verseël met Alumanation Sovereign Seal. >>

Interieur-ontwerp deur Mer Design; spieëls van
Supreme Mouldings

Vir die pret
Pleks van een groot
spieël het Claudia Fabian
van Mer Design vyf
kleintjies van verskillende
groottes in Ilana en André
Joubert se voorportaal in
West Beach naby
Kaapstad gehang. “Dit
verander die portaal van
’n ernstige ruimte na ’n
vriendeliker prettige plek.
Dit weerkaats ook lig en
die ander dekor-elemente
in die vertrek” sê sy.
“Boonop skep die
ongelyke getal spieëls en
verskillende groottes ’n
interessante komposisie.”


4


#
3


5


Tafel en spieëlraam
geverf in die Dulux-kleur
Woodland Pearl

Teks

Kim Arendse
Free download pdf