Tuis. 05

(Tuis.) #1

62 tuisMei 2017


Laag op laag in wit
In ’n vertrek met ’n wit palet moet jy
bykomstighede laag op laag gebruik om jou dekor
interessant te maak en ’n spieël verleen diepte en lewe
aan patrone in ’n vertrek waar alles wit is glo die Kaapse
interieurontwerper Marcelle Crowther van Hocus Interior
Design Studio. Dis hoekom die fokusmuur in haar wit
slaapkamer uit ’n verskeidenheid elemente bestaan wat
van die vloer tot teen die plafon strek – soos ’n oorgroot
kopstuk met spieëls agter perspekspanele weerskante.
Die patroon het sy self op ’n rekenaarprogram geteken en
by ’n lasersnyer laat sny. “Onthou om te kyk waar jou
kragpunte is voordat jy so iets aanpak” is haar raad.


6


Interieurontwerp
deur Hocus Interior
Design Studio

Ons is dol hieroor...
Met die eerste oogopslag lyk dié
paneel soos ’n skerm waardeur
jy kyk maar wat jy sien is die
weerkaatsing in die spieël
daaragter!
Free download pdf