Tuis. 05

(Tuis.) #1
Plant jou tuin
Gebruik ’n skerp mes en sny gleufies in die
kombers waardeur jy die plante in die grond kan
druk. Plant die plante van jou keuse en maak die
kombers en grond goed nat. Hang jou vertikale tuin
ná sowat ’n maand met hake teen die muur.

1 Merk stroke vir gidsgate oor
die middel en ente van die twee
300 mm-planke. Lym en skroef
twee 660 mm-planke tussen die
ente van die twee 300 mm-
planke vas met 6 mm x 40 mm-
skroewe. Skroef die laaste
660 mm-plank in die middel
vas om twee kompartemente te
vorm. Skroef dan die 700 x
300 mm-laaghout oor die raam
vas vir die rugkant.

2 Gebruik die plaatboorpunt en boor dreineringsgate in die sy wat na
onder gaan wys en ook in die plank in die middel. Knip die kombers
800 mm breed en heg dit teenaan die sy sonder die dreineringsgate
aan die rugkant vas met 8 mm x 16 mm-skroewe en wasters. Vul die
holte met potgrond en vou die kombers bo-oor. Sit die kombers vas
deur ’n 700 mm-plank oor die kombers aan die raam vas te skroef.
Sny die oortollige kombers af. Herhaal die proses vir die onderste
holte. Skroef die oorblywende 700 mm-plank op die onderste rand
vas en dan die vier 95 mm-planke tussen die 700 mm-planke vas om
die afronding te voltooi.

doen dit self


Wat jy nodig het


INKOPIELYS


  • 22 x 95 mm- geskaafde
    dennehout gesaag in:
    twee stukke van 300 mm en
    drie stukke van 660 mm (raam)

    • 22 x 44 mm- geskaafde
      dennehout gesaag in:
      drie stukke van 700 mm en
      vier stukke van 95 mm
      (afronding)

    • 18 mm-laaghout van 700 x
      300 mm (rugkant)

      • kombers

      • ’n pakkie 6 mm x 40 mm-
        spaanderbordskroewe

      • ’n pakkie 8 mm x 16 mm-
        spaanderbordskroewe

      • tien wasters

      • ’n sak potgrond






Hout en skroewe
verskaf deur

KONTAK EN VERSKAFFER Cape Boards 021 981 0152 capeboards.co.za
Deon de Goede 084 589 5026 [email protected]

GEREEDSKAP


  • koordlose boor

  • skêr

  • 12 mm-plaatboorpunt

  • skerp mes


1a b


2a b


c


c d


e f


Onthou om
gidsgaat j ies
te boor.
Free download pdf