Tuis. 05

(Tuis.) #1

raad Stuur jou vrae na [email protected].


Saamgestel deur Kim Arendse

Wonder jy hoe om gom van ’n ou houtvloer af te kry? Wil jy ’n


braaikamer opknap? Vra net – ons kry die antwoorde.


Vra die kenners


’n Taai tameletjie
Laurika Kruger skryf Ons het onlangs ’n
huis met houtvloere gekoop maar die
vorige eienaars het dit met Novilon bedek.
Ons het die Novilon laat optel en sal die
kleefmiddel moet verwyder voordat ons die
hout kan skuur en vernis. Enige wenke oor
hoe ons te werk moet gaan?
Frikkie Greeff
die besturende direkteur
van Woodoc antwoord
As die kleefmiddel swart
s is dit heel waarskynlik
n teer- of bitumenmiddel


  • dit kan jy afkry met
    mineraalterpentyn en
    staalwol. Maar as dit geel of kakiekleurig is
    is dit waarskynlik kontakkleefmiddel –
    daarvoor sal jy ’n spesialis-produk moet
    inspan. Tile and Floor Care maak ’n
    produk met die naam Glue Remover; dit
    werk goed en is beskikbaar by die meeste
    ysterwarewinkels. Ons stel voor jy volg
    dié stappe:
    1 Verwyder die kleefmiddel soos hierbo
    beskryf – die soort kleefmiddel bepaal
    waarmee jy dit verwyder.
    2 Nadat als verwyder is vee die vloer goed
    af met mineraalterpentyn en ’n sagte lap.
    3 Skuur die vloer so glad moontlik
    verkieslik met ’n industriële vloerskuurder.
    4 Vee die vloer weer met mineraalterpentyn
    af om al die stof te verwyder.
    5 Laat die vloer droog word. Nou kan jy dit
    verseël; kies een van die volgende Woodoc-
    produkte:

  • Woodoc 25 Polyurethane Floor Sealer is
    beskikbaar in ’n mat of satynafwerking; dit
    gee die hout ’n ryk natuurlike kleur en
    beskerm dit teen skade.

  • Woodoc Water Borne Floor Sealer is
    beskikbaar in ’n mat of glansafwerking; dit
    verander nie die kleur van die hout nie en
    sal ook nie vergeel nie. Dit word ook vinnig
    droog en is so te sê reukloos.


Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

6 Gebruik ’n goeie kwas en wend ’n dik
laag van die seëlaar van jou keuse aan;
maak seker jy het ’n eweredige nat
afwerking. Laat die eerste laag goed droog
word en wend minstens nog drie lae aan.
Sien die aanwysings op die produk vir
meer inligting.
7 Nadat jy die drie lae aangewend het sal
jou vloer beskerm wees teen die meeste
stampe en stote. Probeer wel om enige

onnodige skrape te vermy. Sit byvoorbeeld ’n
blokkie vilt onder stoele en tafels se pote; dit
word gereeld rondgeskuif en kan maklik jou
vloer beskadig.
8 Om die vloer skoon te maak hoef jy net
’n sagte besem te gebruik. Moet nooit die
vloer was nie veral nie met seep en water
nie want dit sal die afwerking dadelik
laat verdof.
KONTAK 0800 411 200; woodoc.com

d
v
A
is
’n


  • m
    t l lM d

Free download pdf