Tuis. 05

(Tuis.) #1

Mei 2017tuis 79


Ons beantwoord nog vrae op

V: Ek is dol oor die verf-effek op bladsy 40 van die April
2016-uitgawe; hoe kry ek dieselfde voorkoms op ’n
gepleisterde en geverfde muur? – Sunét Cordier Durbanville
A:Die huiseienaar Wehrner Lemmer stel voor jy gebruik ’n
waterige sementmengsel (net sementpoeier en water; niks
sand nie) waarby jy grafietpoeier bietjie vir bietjie byvoeg tot jy
die gewenste kleur het. Wend dit aan met ’n groot kwas maar
toets dit eers op ’n plekkie wat uit die oog is. As jy onseker is
laat die taak liewer aan ’n verftegniek-spesialis.oor.

V: Wat is die verfkleur op bladsy 12 van die November 2016-
uitgawe?–Justine Willemse Tarkastad
A:Die vertrek is geverf in die Plascon-kleur Lapis Blue. >>

V: Wie was die argitek wat Linda Evans en Almarie Mead
se pragtige huis in die Januarie 2017-uitgawe ontwerp het?



  • Grant Solomons Knysna
    A: Albey Alberts van Inline Design ([email protected])
    was verantwoordelik vir hul nuwe motorhuis ateljee-kantoor
    en swembad.


V: Op bladsy 25 van die November 2014-uitgawe is daar
’n rusbank wat lyk of dit met laslap-materiaal oorgetrek is;
waar kan ek sulke stukke lap koop? – Elna Joubert
A: Jy kan bekostigbare lap kry by plekke soos The Fabric
Warehouse (thefabricwarehouse.co.za); hou ook ’n oog oop
vir reekseinde-uitverkopings by verskaffers soos Hertex – volg
hulle op sosiale media om op hoogte te bly.


Kortliks

Free download pdf