Tuis. 05

(Tuis.) #1

raad


80 tuis Mei 2017


Dekordilemma


DIE OPLOSSING
Die stilis en
fotograafMargaux Tait
(mylifestyled.co.za)
antwoordDis belangrik
om te keer dat ’n
braaikamer ontaard in
’n stortterrein vir die
goe wa jy nie eer nodig het nie.
Verwyder alles wat die ontspanne gevoel
bederf; oorweeg dit om ’n kas te laat
inbou waarin jy los artikels agter toe deure
kan wegsteek. Hier is nog bekostigbare
voorstelle om ’n knus toevlug te skep
waarin jy nuwe herinneringe kan bou:
1 Verf’n Laag verf bly maar die maklikste
en bekostigbaarste manier om ’n plek
nuwe lewe te gee. Ek stel voor jy kies ’n
kleurpalet wat jou liefde vir die buitelug
weerspieël. Grys blou en ’n ligte salie-
groen sal ’n kalm kleurskema skep wat jy
dan kan opkikker met kontrasterende
aksente soos geel strooikussings of selfs
’n bos geel blomme uit jou tuin.
Verf die ontblote bakstene ’n ligte
duifgrys en die kaste wit of naaswit om
warmte aan die ruimte te gee. Dié wit kan
jy dan herhaal op die rietplafon (sien
kassie regs vir aanwysings). Los die
houtbalke natuurlik of verf dit ook grys
soos die mure.
2 GroenigheidMaak tuin net buite die
skuifdeur sodat jy ’n uitsig op geil lower
en jou en jou oorlede man se gunsteling-
blomme kan hê. Oorweeg ook huisplante
binne-in die braaikamer om die voorkoms
van die plafon en bakstene te versag;
plante wat sal floreer in so ’n omgewing
sluit die mot-orgidee vredes-lelie en
geelbamboes-palm in. Voeg ’n paar
hangmandjies of meer kontemporêre
planthouers by en druk jou vroulike
stempel af met vars blomme af en toe op
die koffietafel.
3 MeubelsVrolik jou vierkantige eettafel
op met ’n laptafeldoek en oorweeg
kafeestyl-stoele daarby – dis in allerlei
kleure te kry. Installeer ook ’n hanglamp
direk oor die tafel.
4 Herstoffeer en voeg tekstuur byGee
die ou rusbank ’n nuwe voorkoms: Laat
stoffeer dit met treffende gestreepte lap

Dieprobleem
SaniaHagen-HoundsomevandiePaarl
skryfOns braaikamer is die gesin se
gunsteling-kuierplek. Dit het al goeie tye
heerlike kuiers hartseer en trane gesien.
Gewapen met myTuishet ek reeds heel-
party takies in die huis aangepak maar die
braaikamer was altyd my man se gebied.
Hy is drie en ’n half jaar gelede met kanker
gediagnoseer en is ná ’n kort siekbed
oorlede. Ons was in die braaikamer toe ons
die oproep met sy diagnose kry; ons het
saam daar gehuil en hy het amper tot die
einde daar op die bank gelê. Ek gaan sit
nou nog daar wanneer ek alleen ’n traan wil
stort. Al is ek nou op my eie braai ek nog
elke naweek.
Lang storie kort: Ek dink ek is gereed om
“my” stempel op “ons” braaikamer af te
druk. Het julle dalk ’n paar idees? Kan ek
byvoorbeeld die rietplafon wit verf? Ek is nie
een vir die kontemporêre styl nie en verkies
iets tussen ’n plaas- en strandhuis. Ek hou
van eenvoud en natuurlike kleure. Ek is ook
lief vir die buitelewe so dit sou wonderlik
wees as daar vloei tussen die braaikamer en
die tuin is. Wat stel julle voor?

Die braaikamer is sowat 30 m² groot
en toegebou met glas.

of laat ’n los oortreksel en strooikussings
op maat daarvoor maak. Vul dit aan met
’n paar vloerkussings of ottomans vir
informele sitplek.
Hou ’n mandjie byderhand met
snoesige dekens vir wanneer jy op die
bank wil opkrul met ’n boek. Mandjies
verskaf tekstuur en kan ook gebruik word
om dennebolle en brandhout in te bêre.
Soortgelyke mandjies onder die koffietafel
kan praktiese bêreplek bied vir boeke en
tydskrifte.
Jy kan die vensters afrond met
moderne blindings met deursigtige
gordyne bo-oor vir ’n tikkie vroulikheid –
maar onthou dat jy dié gereeld sal moet
was om die rookreuk uit te kry!
Anker die sit-area met ’n mat van sowat
160 x 230 cm – growwe natuurlike vesels
soos goiing sal die mandjies onder die
vuurherd komplementeer.
5 Met liefde Ter nagedagtenis aan jou
man kan jy ’n skinkbord met pragtige
geur-kerse op die koffietafel neersit sodat
vriende en familie een kan aansteek
wanneer hulle so voel. Kombineer dit met
vars blomme of van sy hartsgoed.
Daar is reeds foto’s bo die braai maar
ek stel voor jy gebruik rame van natuurlike
of verweerde hout om gesinsfoto’s of jou
man se oulikste sêgoed uit te stal.
Groepeer die foto’s saam en gebruik die
negatiewe ruimte (die ruimte tussen die
rame) om die perfekte balans te skep.

Interieur en foto’s

Margaux Tait (mylifestyled.co.za) •

Skets

Kojabu (083 400 6176 kojabu.com)

DIE RUIMTE

Verf ’n rietplafon
Don McWilliam van WeatherPrufe
Paints (021 556 4200
weatherprufe.co.za) het die
volgende raad:
Omdat ’n rietplafon ’n ongelyk opper-
vlak is sal dit moeilik en arbeids-
intensief wees om dit te verf. Gesels
dalk eers met ’n kontrakteur wat
waterbasisverwe aanspuit of oorweeg
’n produk soos Rust-Oleum se High
Heat Ultra Spray Paint. Anders kan jy
’n groot growwe kwas gebruik om die
verf tussen die riete in te werk.

SO MAAK JY
Free download pdf