Tuis. 05

(Tuis.) #1

raad


82 tuis Mei 2017


Vra


vir JJ


Ougoed of


hougoed


’n Mooi ranker
Megan van Wyngaardt van Johannesburg skryf
Watter soort plant groei rondom die garagedeure
op bladsy 35 van die Mei 2015-uitgawe? Het die
huiseienaars dit opgelei of groei dit vanself so? Ek vra
omdat rankplante gewoonlik probleme veroorsaak by
gepleisterde en geverfde mure.
JJ antwoordDit lyk soos ’n soortVitis– wilde- of
ornamentele druif. Gelukkig veroorsaakVitis-spesies nie
probleme nie want dit klou nie aan mure vas nie; dit het
hegranke wat rondom ’n struktuur soos traliewerk groei.

Dié bordjie is
vir hang
Jennifer Maltby skryf
Ek het dié groot bord
geërf. Sou dit enige
waarde hê?

Ian Conn van
Ashbey’s Galleries
antwoord Jou bord is ’n
Mason’s Patent Ironstone
China Plate. Mason’s
Ironstone ’n duursame
soort swaar erdeware wat
die vorm en versiering
van 18de-eeuse porselein i i i
vroeë 19de eeu ontwikkel deur Miles Mason ’n
porselein-handelaar en -vervaardiger van
Staffordshire. Dit was gewild onder die
aspirant-middelklas wat nie porselein vir
alledaagse gebruik kon bekostig nie.
OUDERDOM Circa 19de eeu
WAARDE
R200–R300

Breek hulle af
Ina Ehlers van Durbanville skryfDie grootste deel van
ons bure se tipoeboom groei oor na ons eiendom; gevolglik
gooi dit sy blare en geel blomme in ons swembad af. Ons
het die wortels en takke aan ons kant teruggesnoei maar
dit loop nogal vinnig weer uit!
Kan jy iets voorstel wat ons op die wonde kan aanwend
sodat dit nie weer uitloop nie?
JJ antwoord
Ongelukkig is daar nie
so ’n produk nie. Jy
kan wel dadelik nuwe
lote afbreek sodra dit
verskyn. Moet dit nie
snoei nie. Sodra jy
snoei moedig jy nuwe
groei aan maar as jy
dit afbreek inhibeer jy nuwe groei.

Veiling toe!
Wayne Walsh van Johannesburg skryf’n Bejaarde buurman het
vir my dié olieskildery onderteken deur James Madge gegee. Weet
julle dalk of dit iets werd is?
Inge Beck van Ashbey’s Galleries antwoord
Donald James (Don) Madge (1920–1997) was ’n
beeldende kunstenaar van Stutterheim. Hy het
aan ’n aantal groepuitstallings in Suid-Afrika (en
een in Australië) deelgeneem maar ongelukkig
haal sy werke nie hoë pryse op veilings nie.
WAARDER4000–R6 000
KONTAK ashbeysgalleries.co.za

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen
Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in
sy program ƌĞŬĮƐŵĞƚĞƌƌŝĐŚ op RSG.

KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukundige by Garden
World in Johannesburg; besoek gardenworld.co.za. >>

E-pos [email protected] E-pos [email protected]
Free download pdf