Tuis. 05

(Tuis.) #1
Stuur jou vrae na [email protected].

86 tuis Mei 2017


troeteldiere


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n groot Interior
Futon vir honde of ’n middelslag-Winter Cupcake Bed vir katte van Wagworld
(wagworld.co.za). Albei produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels te kry. Die
nuwe Interior Futon-reeks is snoesig stylvol en gemaklik verby – perfek vir bedorwe
brakke. Die Winter Cupcake Bed spog met ’n nuwe ontwerp en is net reg vir katte en
kleiner honde. Stuur jou foto’s (minstens 2MB elk) en volledige kontakbesonderhede na
[email protected]– dalk is jou dieremaat ook ’n wenner! Sien ons kompetisiereëls
op bladsy 128.

Stres en angs
Lana Mayford van Johannesburg skryf
Ek het al gehoor mense praat van troetel-
diere wat aan stres ly; is dit ’n werklike
probleemof projekteer ons net ons
gevoelens op ons diere?
Dr. Guy Fyvie
veeartsenykundige adviseur by
Hill’s Pet Nutrition SA antwoord
Diere kan beslis stres ervaar. Die
veg-of-vlug-reaksie is ’n
oorlewings meganisme en kan ’n
probleem word wanneer dit nie
kan “afskakel” nie.
Die oorsake is gewoonlik iets
onvermydeliks soos skeidings angs verveling
motorritte en harde geluide (soos donderweer
klappers of ’n harde stofsuier). Veranderinge
aan roetine – soos ’n nuwe gesinslid nuwe
woon plek vakansies of kuiergaste – kan die
troeteldier ook angstig maak.
Kyk uit vir tekens wat sal wys dat jou hond
of kat gespanne is. Katte kan byvoorbeeld
blaasprobleme ontwikkel en honde kan sukkel
met diarree of sagte stoelgang. Jou troeteldier
kan homself ook oormatig versorg of lek
onvanpaste toiletgewoontes toon baie gaap
en hyg sy eetlus verloor of meer tjank blaf of
miaau. Kyk ook uit vir gedragsveranderinge
soos teruggetrokkenheid aggressiwiteit
hiperaktiwiteit of slaperigheid. Dié probleme
kan ook ’n teken wees van ’n onderliggende
mediese toestand; daarom is dit belangrik om
’n veearts te spreek.
Die maklikste oplossing is om die bron van
die stres uit die weg te ruim – maar dit is
makliker gesê as gedaan. Jou veearts kan
medikasie voorskryf en ’n gekwalifiseerde
dieregedragskenner aanbeveel (die dier moet
liefs gedragsterapie saam met die medikasie
kry vir langtermyn verligting). Feromone wat in
die dier se omgewing gespuit of vrygestel
word kan ook help.
Daar is spesiale kosse wat angsvlakke kan
help verlaag. Hill’s Prescription Diet c/d Stress
vir katte bevat L-triptofaan en die melk-
proteïen hidrolisaat wat in kliniese toetse
bewys het dat dit die voorkoms van ’n
algemene strestoestand idiopatiese sistitis
met 89% verminder. Hill’s Prescription Diet i/d
Stress is die eerste (en enigste) kos wat
angstige honde kalmeer en stresverwante
spysverterings probleme verlig. Vra jou veearts
vir nog besonderhede.
Die-Stress-O-Meter (stressometer.co.za) is
ook nuttig – antwoord ’n paar eenvoudige vrae
om vas te stel of jou troeteldier gespanne is.
KONTAK hillspet.co.za

V&A

v H D v o p k

Dieoorsake

Kyk so ’n stouterd!
Chelsea meen Ma en Pa moet maar ander lêplek soek.


  • Marinda van der Mescht Centurion


Op sy troon
Charlie neem sy regmatige sitplek in.


  • Lilian Pienaar Vanderbijlpark


Uitgevang!
Emmy en Pepper
het suutjies onder
Mamma se kombers
ingekruip. – Leigh-
Anne Charlton
Pretoria

WEN!


Trots Suid-Afrikaans!
Free download pdf