Tuis. 05

(Tuis.) #1

94 tuis Mei 2017


Hergebruik!


Hanniki vertel sy vind altyd ’n gaatjie vir goed wat ander
mense sou weggooi of gee ougoed ’n nuwe lewe. “Dis
prettig en maak die tuin interessant deur sogenaamde
nuttelose artikels nut te gee of op ’n manier in te span wat
’n bietjie anders is. Dit skep ’n wonderlike fokuspunt en
vang altyd die oog!”
Een so ’n element is ’n ou stootwaentjie (oorkant)
waarop haar eertydse teetuin se uithangbord gestaan het.
“Vandag staan dit in my tuin met ’n pienk bababad waarin
ek van my gunsteling-eenjariges plant.
“Wat wel belangrik is is dit wat jy saam met so ’n
element gebruik. Dit sou byvoorbeeld glad nie gewerk het
as ek my ou kruiwa langs die stootwaentjie neergesit het
nie. Twee sulke elemente sal die ‘uitstalling’ bederf.”
Ander artikels wat ’n tweede lewe in haar tuin gekry het
is mooi ysterstoele (al is dit die sitplek kwyt) en ’n fiets wat
lankal nie meer ry nie.
“Vroeër was ek ontsteld as ’n koppie of bord gebreek of
gekraak het maar vandag besef ek jy kan altyd weer iets
daarmee doen. Omdat al my kennisse weet ek drink graag
tee uit ’n mooi porseleinkoppie kry ek dikwels koppies
present. Dié wat gekraak is hang ek in bome op bind ek
aan ’n ou ysterkatel in die tuin vas of stal ek op my
sementtafel uit. Een van my grootste probleme is dat ek
glo ‘meer is meer’. Ek vind altyd ’n plek daarvoor! Om ’n
teekoppie nog meer ‘op te dollie’ plant ek ’n eenjarige
plantjie daarin. Gee dan net bietjie-bietjie water aangesien
dit nie ’n dreineringsgaatjie het nie.”


Die pienk ysterstoel is net die plek om ’n
potplant staan te maak!

Hanniki sê sy versamel
als wat mooi is soos dié
draadhasie! Plantjies
wat tussen die klippies
opkom los sy net so.
“Ek kan hulle nie
uittrek nie” sê sy.

Hanniki se versameling teekoppies uitgestal
op die sementtafel lê haar na aan die hart.
Free download pdf