Tuis. 05

(Tuis.) #1
Hanniki oor tuindekor
Besluit op ’n tema en gebruik dit regdeur die
tuin is haar raad. “Herhaal dekorelemente of
kies ’n paar kleure waarmee jy bykomstighede
verf en gebruik dit deurgaans.”
1 Wees kreatief en hou jou oë oop vir goed
wat jy kan hergebruik – soos die pienk
babawaentjie in haar voortuin.
2 Die ou stopteken het vir lank op die
sypaadjie gelê en Hanniki het dit op die ou end
beskilder met handwerkverf – die ontwerp kom
van ’n borduurlappie af!
3 Almal se smaak verskil. Gebruik goed wat vir
jou mooi is en sentimentele waarde het. Dié
pilaar en Dawid-kopstuk het sy gekoop met
geld wat haar ma vir haar gegee het; dis vir
haar baie spesiaal.
4 Gebruik bypassende kleure soos die
Crassula-blommetjies teen die muur van
dieselfde kleur.
5 Die items wat jy uitstal moet treffend en
besonders wees. Soek voorwerpe wat by
mekaar pas of mekaar sal komplementeer en
groepeer dit saam. Hierdie uitstalling is net
buite die kombuisdeur. >>

Ek sit ornamentele


bakke emaljeskottels


en selfs gekraakte glase


uit om reënwater


op te vang wat dan


bietjie vir bietjie


gebruik word.



  • Hanniki


1

23 4 5

Free download pdf