Tuis. 05

(Tuis.) #1

Paddaprins!


DeurMarié Esterhuyse
Foto’s Francois Oberholster

Plantgids
Botaniese naam
Tricyrtis hirtaenT. formosana
Skaduwee Baie water
Rypbestand Meerjarig
Groei 60 cm tot 1 m hoog
Goeie snyblom

Marié Esterhuyse


Moenie dié delikate blom op sy


baadjie takseer nie – hy’s baie


taaier as wat hy lyk.


Tricyrtis hirta en T. formosana (“toad lilies” op
Engels; kom ons maak soos die Hollanders en
noem hulle “paddalelies”) lyk soos orgideë
met hul fyn eksotiese blomme. Maar moenie
jou laat flous deur dié blom se delikate voor-
koms nie. Dit is gehard en kom natuurlik in
Asië voor onder meer in die woude van die
Filippyne Japan en die Himalaja.
Paddalelies blom van laatsomer tot in
die herfs op dun stele wat bo die blare
uitgroei. Hul wit of naaswit blomme
is oortrek met honderde klein
donkerpers of wynrooi kolletjies. Dis
nie moeilik om die lelies te kweek nie
en hoewel die stele lank groei is dit nie
nodig om hulle te stut nie. Die lelies is perfek
vir klam skadu ryke plekke met komposryke
grond. In koeler dele kan dit oggendson
hanteer.
Dit is belangrik dat die plant nooit uitdroog
nie maar die grond moet ook nie deurweek
wees nie – hou dit net goed nat. Strooi ’n
deklaag om die wortels sodat die grond vogtig
kan bly en beskerm die plant teen wind. Sny
die hele plant – blomstele én blare – laatwinter
tot op die grond af; dit loop weer uit.
Paddalelies het selde verdeling nodig maar
kan in die lente verdeel word indien jy meer
plante wil maak. Die verdeelde plant behoort
die volgende somer al blomme te dra.
Tricyrtis-lelies lyk mooi in potte in die
skaduwee. Goeie pasmaats is varings
Helleborus Hostas Plectranthusse en
Japannese anemone.
Free download pdf