Tuis. 09

(Tuis.) #1

106 tuis September 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Vier Nasionale Boomplantweek: Plant ’n boom ter ere
van ’n geliefde of skenk een aan ’n skool of instansie.

Wenk van die maand
Hou jou lentetuin so
lank moontlik kleurvol
deur ou blomme te
verwyder gereeld
plantkos toe te dien
en tydens droë weer
nat te maak.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Tuindagboek


Die begin van die
tuinier se jaar
Hoewel die lente amptelik eers op
22 September begin vier tuiniers dit
gewoonlik al van die 1ste af. Dis ’n
seisoen van vars briesies en langer dae
nuwe blare en broos blomknoppe ’n
pragtige vertoning van delikate pastel-
en ryk lewendige kleure.
Dis nie net die visuele oorvloed van
die lente wat genot verskaf nie maar die
geure ook. Staan nader as jy die soet
parfuum van pers en roomwit narsings
freesias pronkertjies en vilette wil
geniet; die blomme van die verbleikblom
(Brunfelsia) treursalie (Buddleja
auriculata) en Septemberklokkie
(Rothmannia globosa) versprei weer
hul geure wyd en syd.
Vul oop kolle in jou tuin met kleurryke
jaarplante en meerjariges; kyk wat blom
by tuinsentrums.

Take vir


September


Deur Kay Montgomery

Freesias

tuis.co.za Vilette

http://www. Besoek tuis.co.za vir oop
tuine en lentetentoonstellings.
Free download pdf