Tuis. 09

(Tuis.) #1

108 tuis September 2017


V: Ek het ’n agapant wat tussen my ‘Knysna’-
rose groei maar die rose sukkel taamlik met
dopluise en vaar nie baie goed nie. Is die
agapant die skuldige?
Rose sukkel gewoonlik om mee te ding
met plante wat ’n vlakker wortelstelsel het want
daardie plante absorbeer die voedingstowwe en
water voor dit by die rose se wortels uitkom. En
wanneer van die roos se blare in die skadu van
’n ander plant groei word fotosintese weens die
gebrek aan sonlig onderdruk sodat die wortels
nie genoeg voeding kry nie en wyer en dieper
moet groei op soek na water en voeding. Grawe
die agapant uit asook enige ander plante wat
die roos se groei belemmer; dit sal outomaties
die grond belug en help dat water tot by die
roos se wortels deurdring.

Weens die droogte in groot dele van die
land het baie rose semi-dormant geword.
Met die nuwe seisoen sal hulle oorgehaal
wees om te begin blom. As jy nog nie jou
grond verbeter het nie maak nou so
sodat water die wortels maklik kan bereik.
Hoekom is goeie grond belangrik? Plante
het minerale suurstof water en sonlig
nodig om te groei. Die grond is die
medium waar dit alles verwerk word deur
mikro-organismes – en hoe meer van
hulle daar in jou grond is hoe beter.
Die drie soorte grondKlei is taai en
dreineer swak; sanderige grond is los en
dreineer vinnig; leem ’n mengsel van klei
en sand wissel van tuin tot tuin.
Verbeter die gehaltevan die grond deur
humus (gedeeltelik ontbinde organiese
materiaal) by te voeg – dit verbeter die
tekstuur van klei- én sanderige grond
sorg vir beter dreinering en absorbeer en
behou die nodige vog en voedingstowwe
wat die wortels voed:


  • Vir die beste resultate werk minstens
    30% organiese materiaal in. Werk met
    gelyke dele grond sand en organiese
    materiaal. • Versprei die organiese
    materiaal oor die bedding en dolwe die
    ŐƌŽŶĚƐŽǁĂƚϮρĐŵĚŝĞƉŽŵƐŽĚĂƚĚŝƚ
    goed deurmeng. • Maak daarna goed nat.


Besoek ůƵĚǁŝŐƐƌŽƐĞƐ͘ĐŽ͘njĂ en stuur vrae na ƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner gee wenke
vir vingersnoei en sê hoe jy jou grond se
gehalte kan verbeter.

‘Knysna’

V: My rose blom pragtig in Oktober maar lewer nooit dieselfde vertoning gedurende
die res van die seisoen nie.
As jy hibriedtee- en Antico Moderno-rose in September vingersnoei sal dit hul
vertoning in Oktober verbeter en blomme vir die res van die blomseisoen verseker. Tydens
’n vingersnoei verwyder jy die punte by ’n derde van die blomlote (as daar 15 stele is knyp
jy vyf punte af). Dit moedig ook nuwe basale lote aan wat jou met meer en mooier blomme
sal beloon. Omdat die blomknoppe aan die struik nie almal op een slag uitloop nie kom jy
nie in die versoeking om al die blomme te pluk nie en dit verminder wortelstres. Knyp die
punte af tussen jou duim en voorvinger. Binne ’n week sal die rooipers blare groen verkleur
en die heel boonste oog sal weer uitloop. As jy twee nuwe stele wil aanmoedig om op een
steel uit te loop knyp jy die boonste drie of vier blare af.

Take vir elke streek


  • Somerreënstreek Moedig vinnige groei by rose aan
    deur elke tweede of derde dag nat te maak. Vir goeie
    blomme in Oktober bemes middel September met
    Vigorosa. Spuit elke twee weke met Ludwig’s Insect
    Spray of deurdrenk met Koinor (’n langwerkende
    plaagdoder) om nuwe groei en blomme teen plae te
    beskerm; dit sal vir ses maande werk. Strooi deklae
    van organiese materiaal om die grond koel te hou.

  • Kaapse kusstreek Voorkom swartvlek in nat weer
    deur met Chronos of Rose Protector te spuit. Bemes
    in die middel van September met Vigorosa om nuwe
    groei ’n hupstoot te gee.

  • Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Hou die grond
    rondom rose koel met ’n deklaag en maak twee tot
    drie keer per week nat namate die temperatuur styg.
    Spuit elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray of
    deurdrenk met Koinor aan die begin van September
    om skade weens plae veral plantluise en blaas -
    pootjie te voorkom.


Leer by Ludwig
tŽŽŶŝŶ^ĞƉƚĞŵďĞƌ͛ŶŐƌĂƟƐ
demonstrasie oor roossorg en
vingersnoei by:
2 3:>ƵĚǁŝŐ͛Ɛ^ƚĂƌZŽƐĞƐ͕ŝůůĐƌĞƐƚ͕
Durban (2de: 14:00; 3de: 10:30)
9: Ludwig’s Roses Egoli Glenferness
Johannesburg (10:30)
10: Ludwig’s Rose Farm Pretoria
(10:30) en Ludwig’s Roses
Lynnwoodweg Pretoria-Oos (14:00)
16: Ludwig’s Roses Winelands
(10:00) en Ludwig’s Roses Chart
Farm Wynberg Kaapstad (14:00)
17: Ludwig’s Roses Winelands
^ƚĞůůĞŶďŽƐĐŚ;ϭκ͗ϬϬͿ
Dis nie nodig om te bespreek nie;
skakel 012 544 0144 of stuur e-pos
na [email protected].

Verbeter ou grond só


Die ideale organiese mengsel bestaan uit
kompos mis basstukkies grondboontjie-
doppe blare dennenaalde grassnysels
veenmos en sonneblomdoppe. Hoe meer
gevarieer die mengsel hoe beter:
Mengsels met deeltjies van wisselende
ŐƌŽŽƩĞƐŚŽƵůĂŶŐĞƌĞŶŚĞƚ͛ŶďĞƚĞƌ
uitwerking op die grond se tekstuur.
Ander toevoegsels Beenmeel en
superfosfaat moedig wortelontwikkeling
aan en jy kan albei by ’n organiese
mengsel voeg dit vir ’n week laat lê en
dan op die rose gebruik.
Free download pdf