Tuis. 09

(Tuis.) #1

Ricotta-vorm met grondboontjie-dukkah


Dié verruklike voorgereg maak jy in ’n japtrap maar dit lyk o so indrukwekkend. Hou die ekstra dukkah in ’n
lugdigte houer in die spens. Jy kan so baie daarmee doen: Doop vars brood in olyfolie en dan in dukkah vir ’n
voorgereg; strooi dit oor oondgeroosterde blomkool of broccoli; gebruik dit as kors vir lamstjoppies of hoender;
roer deur gestoomde jasmynrys of koeskoes; of strooi oor slaai vir ekstra knars.


Genoeg vir 1 broodpannetjie
Bereidingstyd: 25 minute



  • 10–15 sagte Turkse appelkose

  • goeie heuning

  • 300 ml ricotta

  • suurlemoensap

  • ciabatta of soutbeskuitjies vir voorsit
    GRONDBOONTJIE-DUKKAH

  • 80 ml sesamsaad
    •15ml koljandersaad

  • 5 ml komynsaad

  • 5 ml vinkelsaad

  • 250 ml grondboontjies gerooster
    en gesout

  • ’n ruim knypie elk droë tiemie
    marjolein en ment

  • growwe seesoutvlokkies en
    varsgemaalde swartpeper
    na smaak


1 Maak die dukkah Verhit ’n dikboompan en rooster die sesam- koljander- komyn- en
vinkelsaad saam tot geurig. Hou dop – dit moenie brand nie net liggies rooster. Sodra jy
dit ruik verwyder die pan van die hitte en voeg die res van die dukkah-bestanddele by.
Verwerk alles saam tot ’n speserymengsel met ’n growwe tekstuur en bêre dit in ’n
lugdigte houer.
2 Voer ’n klein broodpannetjie uit met kleefplastiek. Pak die helfte van die appelkose in ’n
lagie op die bodem van die pannetjie en voeg ’n lepel of twee heuning by. Geur die ricotta
met sout peper en ’n skeutjie suurlemoensap en skep ’n laag bo-op die appelkose. Strooi
’n ruim laag dukkah oor. Pak dan nog ’n appelkoos- en kaaslaag en eindig weer met
dukkah. Herhaal met ’n derde laag van elk.
3 Keer die kaasvorm uit op ’n mooi kapplank bedruip met ekstra heuning ’n strooisel
eetbare blommetjies of vars sagte kruie soos basilie en sit voor met geroosterde skywe
ciabatta of soutbeskuitjies. >>
Free download pdf