Tuis. 09

(Tuis.) #1

130 tuis September 2017


agterblad


’


[email protected]

Riana


Illustrasies

Paula Dubois

’n Vriendin van my ’n kunstenaar wat aan ’n belangrike
uitstalling werk raak uit die bloute bekommerd en benoud oor
al die werk moet sy nog moet doen. Maar ek weet sommer: Dit
gaan nie eintlik oor die werk wat moet klaarkom nie. Soos alle
super-begaafde mense twyfel sy skielik aan haarself. Gaan ek
nie die galery teleurstel nie? Gaan ek mysélf teleurstel? Kán ek
dit doen? Dit voel vir my asof alles wat ek skilder ouderwets en
onvanpas is. Hét ek as kunstenaar nog iets te sê? vra sy.
“Kom saam met my” sê ek vir haar. “Gee my drie dae van
jou lewe.”
“Wat wil jy met my doen?” vra sy agterdogtig.
“Ek gaan help dat jy jou kop oopkry.”
Ek lag ’n bietjie vir my talentvolle vriendin
want ek verstaan baie goed wat haar vrese
is. Daar is niks fout met haar nie sy is ’n
verbluffende kunstenaar maar sy het net
iemand nodig wat haar weer perspektief kan
gee. Daardie iemand is ek ’n vriendin en
medekunstenaar al kan ek om die dood nie
skilder nie. Ek weet maar te goed wat
skrywersblok is en dit wat sy ervaar is die
skilder se ekwivalent van skrywersblok.
Skilderblok?
Ons gaan na ’n huis in die woud. ’n Een-
voudige stil mooi stranddorpie waar daar baie
min ander mense is. Ons sit op die stoep tussen
die bome en luister na Anna Netrebko en Dulce
Pontes. Hul lieflike stemme styg op en draal tussen
die takke. Die klipharde musiek pla niemand nie net
die loeries wat stomverbaas is oor dié onverwagse
kompetisie. Ons maak kos lekker kos en drink wyn; nogal
baie wyn. Ons stap langs die see en ons stap in die magiese
woud met sy klam onderbos en oeroue geelhoutbome.
Ons stap en my vriendin praat: oor haar onvermoë om te
skilder haar vrese dat sy as kunstenaar nie meer relevant is nie.
Hoe kan ’n mens jou bestaan as kunstenaar regverdig as daar
soveel kritieke probleme in ons land is?
Ons praat oor baie dinge oor kinders en politiek en geld. Ons
praat oor skoonheid en die kunstenaar se unieke vermoë om dit
raak te sien. Ons praat verál oor die plig van die kunstenaar om
skoonheid in al sy vorme raak te sien en vir ander aan te gee.
Toe die son op die tweede dag begin water trek trek die
kunstenaar haar sketsboek nader. Sy verdwyn in ’n ander

wêreld haar potlood flits oor die wit papier. My taak is gedaan ek
sorg verder nét vir die kos. En wyn. En musiek.
Dit is alreeds bewys dat vroue wat vriendinne het gesonder
gelukkiger mense is. Nie dat die vriendinne so veelvuldig hoef te
wees nie daar moet net iemand wees wat die
belangrikste aspekte van jou lewe kan verstaan en
aanvul. Daar moet iemand wees saam met wie
jy kan klere koop iemand by wie jy jou hart
kan oopmaak iemand saam met wie jy kan
reis. Soms ook iemand saam met wie jy vir ’n
paar dae in ’n huis in die woud kan gaan bly.
In enkele uitsonderlike gevalle kan een
vriendin ál daardie behoeftes vervul maar
meestal word hierdie simpatieke
ondersteuning versprei binne die
persoonlikhede van drie vier uitsonderlike
vriendinne.
Die laaste aand van ons woudverblyf
breek aan. Die spanning is verbreek my
vriendin is gretig en opgewonde om terug te
gaan na haar ateljee.
Ek nooi ’n ander vriendin van my wat ook
in die woud woon vir aandete. Ek weet by
voorbaat dat die woudvrou en die kunstenaar
mekaar gaan ontdek as nuwe vriendinne.
Die woudvrou daag op in ’n pragtige rok wat
lyk asof dit van varings en mos geweef is. Haar
oorkrabbers is eksotiese sierade van krale en vere.
Sy bring lag en vreugde en ’n bottel wyn in die huis ons
vergeet skoon van Anna Netrebko en Dulce Pontes. Die nagvoëls
van die woud begin met hul eerste suiwer note.
“Was jy al getroud?” vra die kunstenaar.
“Ja baie” sê die woudvrou. Sy begin van haar geskakeerde
opwindende lewe vertel.
Ons maak kos en ons gesels en ons lag verskriklik baie. Ons vier
ons vriendskap.
Ek weet watter waarheid ék ontdek uit my besoek aan die bos:
As ek dit eendag nodig het vra ek graag die kunstenaar of die
woudvrou se hulp.

Die vreugde van


vriendinne


Iemand wat verstaan wat simpatie betoon of


selfs net luister of kos en wyn aandra is ’n seën.


Dit glo Riana Scheepers.

Free download pdf