Tuis. 09

(Tuis.) #1
Of jy nou ’n nuwe huis bou of jou bestaande woning
uitbrei IsoBoard is die perfekte keuse om al die omliggende
isolasie te voorsien. Met maklike ondervloerse installering
kan IsoBoard in die vloere van jou huis ingebou word
om die hitte-oordrag tussen die vloer en die grond
drasties te verminder. IsoBoard is ’n absolute moet vir
energiedoeltreffendheid indien ’n ondervloerse
verwarmingstelsel geïnstalleer word.

Ondervloerse isolasie


Met die somer op pad en warm somerdae om die draai
was dit nog nooit so bekostigbaar om koel te bly nie!
IsoBoard bied jou ‘n maklik installeerbare isolasie-oplossing
geskik vir enige nuwe of bestaande gebou. Met dié isolasie
kan jou huis enige temperatuurskommelings weerstaan en
sodoende ‘n gemaklike temperatuur in leef- en werkruimtes
handhaaf vir die leeftyd van die gebou!

Dié omgewingsvriendelike termiese isolasie is geskik
vir enige vertrek in die huis. Boonop is IsoBoard net so
veelsydig as wat dit doeltreffend is - inkorporeer die
stewige bord gerus op enige plek in jou ontwerp vir
hitte-isolasie sonder gelyke.

Top-tot-onder-isolasie


en alles tussen in ook


Besig met opknappings rondom die huis? Hoekom isoleer
jy nie die vogryke ruimtes met ‘n isolasiebord wat nie net
doeltreffend is nie maar ook feitlik geen klammigheid in die
eerste plek absorbeer nie? IsoBoard is ideaal vir gebruik in
vogtige ruimtes soos kombuise en badkamers. Danksy die
wasbaarheid en vogwerende eienskappe van die borde
word swamgroei vertraag wat ‘n gesonder en gemakliker
omgewing regdeur jou huis skep.


Badkamers & kombuise


IsoBoard sal nie net enige leefruimte in jou huis isoleer
en die koste om ‘n gemaklike temperatuur te handhaaf
verminder nie - dit sal ook ‘n leeftyd hou! Jy kry dus
omgewingsvriendelike termiese isolasie wat jou op die
lang duur geld spaar. ‘n IsoBoard-isolasiestelsel betaal
die belegging in die bord terug in energiebesparing
oor die hele leeftyd van die gebou.

Leefareas


ZERO


ODP

Free download pdf