Tuis. 09

(Tuis.) #1

78 tuis September 2017


raad


Saamgestel deur Kim Arendse

Hoe kan jy ’n ou stoel opkikker of


watter skadubome moet jy plant?


Vra net – ons kry die antwoorde.


Vra die


kenners


Nuwe lewe vir ’n ou stoel Ingrid Nuy van Kaapstad skryf
Ek wil ’n stoel herstoffeer wat ek jare gelede gekry het toe ek in ’n studentehuis gebly het.
My ma dink dis die lelikste stoel ooit; sy noem dit die “Toad of Toad Hall”. Ek dink weer
dit vertel ’n storie en het karakter; dis lekker gemaklik maar die lap is oud en verbleik.
Ek wil dit graag oortrek in ’n natuurlike palet of met sagte groene en titsels blou pienk
en ander neutrale kleure of iets met ’n neutrale agtergrond en spatsels pienk en grys. Die
stoel is bestem vir die kantoorhoekie van ons slaapkamer; ek wil daarop sit terwyl ek op
my skootrekenaar werk. Enige raad?

Marian van Wyk
Tuisse kreatiewe
edakteur antwoord
Nuwe stoffering sal beslis
ié padda in ’n prins
mtower en ’n pragtige
fokuspunt in jul slaap-
amer skep.
n dit net soveel (of selfs
meer) as ’n nuwe stoel van ’n kettingwinkel
kos. Maar die koste is nie die belangrikste
oorweging nie. Ek is ’n groot aanhanger van
ouer stukke opknap ongeag hoe oud en
afgeleef dit is. Dis hoekom:


  • Ouer meubels is dikwels baie stewig


gebou. As jou stoel die afgelope 20 jaar
oorleef het het dit ’n sterk raam en sal dit
waarskynlik nog 20 jaar oorleef.


  • Wanneer jy ’n nuwe leunstoel koop is
    daar dikwels geen inligting oor die gehalte
    van die stoffeerstof nie. As jy self die lap
    kies het jy al die besonderhede – tot
    hoeveel vryfslae (“rubs”) dit kan hanteer.
    Laasgenoemde is ’n bedryfstandaard
    waaraan die lap se gehalte gemeet word.
    Vervaardigers onderwerp die lap aan
    strawwe toetse waar ’n skuurblokkie heen
    en weer oor die lap geskuur word totdat dit
    deurskaaf. Elke heen-en-weer-beweging
    staan bekend as ’n dubbele vryfslag.

    • Jy weet reeds jou stoel is gemaklik – dis
      al genoeg rede om dit te hou!

    • Dis beter vir die omgewing om iets te
      hergebruik.
      Wat lap betref stel ek voor jy kies iets met
      ’n motief; dit verbloem vlekke beter as ’n
      soliede kleur.
      As jy iets uit die natuur soek sal ’n
      antieke roosmotief goed werk. Maar indien
      jy iets kontemporêrs met ’n plaaslike geur
      verkies is fynbos nommerpas. Strepe is ook
      prettig en tydloos. Grys is ’n gewilde
      neutrale kleur en lyk wonderlik saam met
      sagte pienk en blou skakerings. Jy kan dit
      aanvul met ’n strooikussing of deken of
      knope oorgetrek in ’n kontrasterende kleur.
      As jy nou regtig ’n fokuspunt van jou stoel
      wil maak trek elke deel daarvan (die basis
      sitplek armleunings en rugleuning) oor met
      ’n ander soort lap. Daarvoor is ’n
      samehangende kleurskema noodsaaklik;
      kies byvoorbeeld strepe sagte blommotiewe
      of sterk patrone maar hou by een
      kleurfamilie.
      Stuur gerus vir ons ’n foto van die
      eindresultaat!




1 Antique Rose in Duck Egg R475/m
2 Herringbone Ticking in Grey R420/m
3 Rhapsody in Coral R495/m
(al drie van biggiebestwebshop.co.za)
4 Botanical Protea in Mint R289/m
5 Indian Block in Sage Green R349/m
6 Spotted Leaf in Duck Egg R289/m
(al drie van constantiafabrics.co.za)

Voor


1

456

23
Free download pdf