Tuis. 09

(Tuis.) #1

90 tuis September 2017


Die parkagtige tuin by Endebeni


Forest is dwarsdeur die jaar ’n


skouspel – sodra een vrolike


spatsel kleur verdof is daar ’n


ander een wat sy plek inneem.


“Elke seisoen is ongelooflik mooi met iets spesiaals wat blom” sê
die huiseienaar Tessa Chance. “Die vorige eienaars wat die tuin
ontwikkel het het gesorg dat daar in al vier seisoene ’n oorvloed
van kleur is.”
Endebeni Forest is in die Lidgetton-vallei in die KwaZulu-Natalse
Middelland; Tessa en haar man Jamie het die plaas in Desember
2016 gekoop met die plan om eendag daar af te tree. “Ons voel so
geseën om deel van Endebeni Forest se geskiedenis te wees. Ek is
dol oor tuinmaak en vind dit baie terapeuties. My ma en skoonma
was albei ywerige tuiniers; dit het beslis ’n invloed op my gehad.”
Endebeni Forest voel kompleet soos ’n Engelse parktuin. Dit
bestaan uit boslande met onder meer ’n inheemse geelhoutbos ’n
hele boord Japanse blomkersies blomstruike by die dosyne en oop
veld met ’n uitsig op ’n dam waarin waterlelies gedy. Die matige
klimaat met hoë reënval in die somer en mis wat sekere tye van die
jaar die lug afkoel is ideaal vir ’n seisoenale tuin soos dié – daar is
heeljaar iets om na te kyk. >>


Kamelias vaar goed
in Endebeni se
gematigde klimaat.

Japanse blomkersie
(Prunus serrulata)
Free download pdf