1 Meng die botter en stroop in ân klein kastrol
en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte
en laat vir 10 minute afkoel. Dit is baie
belangrik om nie die vuurwarm stroop dadelik
by die meel te roer nie want dit sal die meel
âkookâ en die tekstuur van die deeg bederf.
2 Sif die droë bestanddele saam en roer die
stroopmengsel melk en sitrusskil daarby met ân
houtlepel tot glad. Knie die sagte deeg effens
op ân meelbestrooide oppervlak tot ân sagte
hanteerbare deeg; bedek met kleefplastiek en
laat by kamertemperatuur rus vir sowat 1 uur.
3 Voorverhit die oond. Rol die deeg nou met ân
bietjie ekstra meel uit tot so 5 mm dik en sny
vormpies uit met ân koekiedrukker. Pak die
koekies op ân bakplaat wat met bakpapier
uitgevoer is. Gebruik die punt van ân houtlepel
se steel en maak ân holtetjie in die middel van
elke koekie sonder om heeltemal deur die deeg
te druk; vul met konfyt. Bak vir sowat
10 minute of tot goudbruin en bros.
Laat heeltemal afkoel en doop hier
en daar in sjokolade vir ân stout
ekstra. Laat die koekies in die
yskas hard word en bêre in ân
lugdigte houer. >>
Gemmerkoekies
met suurlemoenskil
Jy kan my in ân wip vang met ân lekker
koekie saam met my koffie. Dié outjies is
onbeskaamd dekadent.
Maak sowat 12 groot blomvorms
Bereidingstyd: 25 minute plus
1 uur rustyd
Baktyd: sowat 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
- 60 g botter gesmelt
- 180 ml gouestroop
- 200 g (360 ml) meel gesif
(plus ân bietjie ekstra) - 5 ml koeksoda
- 5 ml fyn gemmer
- 5 ml gemengde speserye
- 15 ml melk
- 45 ml verglansde sitrusskil baie
fyn gekap - 15 ml appelkooskonfyt
- sowat 100 g witsjokolade
gesmelt
110 tuis Okober 2017 Bykomstighede van Nerf-Af Waterbankie (084 946 6326)