24 tuis Oktober 2017
Die koperbed in die gastekamer was Liesl se eerste meubelstuk
ân mondigwording-geskenk van haar tannie Frieda Openshaw.
Dolene het die bedsprei uit Liesl se ou jeans laat maak en Liesl
het self die bedkassie geverf. Die kunswerk teen die muur is deur
die Zimbabwiese kunstenaar Makiwa.
Lap en mooigoed
Liesl was nog altyd lief vir ân mooi stuk lap â ân passie wat sy met
haar ma Dolene Jobing deel. Dié twee is ân gedugte span en baie
van Liesl se mooigoed kom van haar ma af wat net om die draai
bly. âMy en my ma se huise lyk baie dieselfde; ek sou sê haar styl is
effe meer flambojant terwyl my huis meer speels is.â
Saam snuffel hulle gereeld by plekke soos die Strand Trading
Post Plan B Vintage in Durbanville die Milnerton-mark â enige
materiaal- of antiekwinkel lok hulle telkens binne. Geblomde
Sanderson-linne is iets waarvoor hulle spesifiek op die uitkyk is al is
dit net ân afvalstuk van ân meter op ân slag; hulle las graag stukke
lap of trek ân enkele kussing daarmee oor. Dolene is ook bekend vir
haar vindingrykheid: Sy sal sommer gou ân ou tapisserie opknip en
ân bankie daarmee laat oortrek vir ân outentieke Franse voorkoms.
Met ân besoek aan Argentinië kon Liesl en Dolene hulle kwalik
bedwing met al die oudhede in Buenos Aires. Albei het verskeie
antieke kandelare en glasware vir ân appel en ân ei opgeraap dit
versigtig toegedraai en in hul handbagasie teruggebring huis toe.
âEk hou van stukke waarvan daar net een is. En ek hou glad nie
daarvan as goed by mekaar pas nie. Ek glo daaraan om my huis te
versier soos ek myself aantrek â kleurvol en uniek iets wat my
persoonlikheid weerspieël.â
Mat van Plan B Vintage
Voor dié bad in die en suite-badkamer deur Mend-a-Bath
opgeknap is is dit as ân watertrog vir beeste gebruik!
Serp van Zara