Tuis. 10

(Tuis.) #1
Kosbaarhede en winskopies
Die meubels deur die hele huis is ’n mengsel van splinternuut –
soos haar fluweelbank – en stokoud – soos erfstukke van haar
ouma en ’n antieke kas uit Indië wat Wessel vir haar gegee het.
“My ouma se spieëlkas is opgesaag en ons het kanttafeltjies
daarvan gemaak vir die sitkamer” vertel Marianne. “My ma het
ook al baie artikels vir my gegee soos die klein houtkissie in die
sitkamer. Dis vir my baie lekker om ’n winskopie te neem en dit
’n nuwe lagie verf te gee soos die chartreuse stoeltjies met die
uitgesnyde kruis in die rugleuning. My vleuelklavier wat my baie
na aan die hart lê was ook ’n winskoop – ek het dit by ’n tannie
oorgeneem wat moes verhuis.
“Daar is ook ’n bank in die sitkamer wat ek met goudkleurige
lap oorgetrek het. Dit het ’n gekurfde houtraam met knoopdetail
teen die rug – ’n regte Victoriaanse stuk wat ek in ’n gehawende
toestand gekoop het by Belinda van Kiki’s Vintage Studio op
Parys. Ek het dit laat restoureer en siedaar – nog ’n gunsteling
wat eendag ’n erfstuk sal word.” >>

Plakpapier bly een van haar gunstelinge en dis deesdae weer
hoogmode. “Toe ek in gr. 8 was het ek en ’n vriendin my hele
kamer met Biggie Best-papier uitgeplak. Ek was so trots op my
handewerk en daardie kamer met die pienk rose was jare lank
Plakpapier van Wallpaper Inn vir my pragtig.”

Free download pdf