Tuis. 10

(Tuis.) #1

Heiné het sy ateljee opgehelder met Annie Sloan-verf; die
tweedehandse kas van Oregondennehout en die staan-skinkbord is
geverf met English Yellow en die lessenaar met Old White.


Eenderse
hanglampe
amper regdeur
die huis skep
eenvormigheid.

Hul eie styl


Danksy ’n onlangse opknap hoef die twee nie groot strukturele
veranderinge te gemaak het nie maar die binnekant was vir hulle
ietwat onpersoonlik. Deesdae weerspieël die dekor – ’n eklektiese
kombinasie van minimalisties plattelands retro en Oosters – Demyan
en Heiné se persoonlikheid.
“Ons het die huis só ingerig dat dit by ons leefstyl pas nie om
ander mense te beïndruk nie” sê Demyan. “Ons probeer met die
uitleg en dekor ’n ruimte skep waar energie kan deurbeweeg een wat
die kollig op ons kunswerke en ander hartsgoed laat val.” Heiné het ’n
fyn oog vir kleur en detail wat duidelik te sien is in die kunswerke en
dekoratiewe stukke regdeur die huis.
“Die huis is soos sy skilderdoek; hy geniet dit om sy kreatiwiteit hier
uit te leef die huis mooi te maak en die tuin te onderhou” verduidelik
Demyan. Hulle benut ook die pragtige uitsig op die Riviersonderend-
berg ten volle deur rolblindings pleks van gordyne in heelparty
vertrekke te gebruik; dit laat ook baie natuurlike lig deur die dag in.
“Mense sê baiekeer die huis is so warm en gesellig. Dis presies wat
ons hier wou bereik: Ons gaste moet tuis en veilig voel in ’n kalm
rustige ruimte ... Hier is niks aansitterigs nie” sê Demyan met
’n glimlag. >>


Oktober 2017 tuis 41

Free download pdf