Tuis. 10

(Tuis.) #1

50 tuis Oktober 2017


KOMBUIS # 2


Kleur en fleur


Pam en Mark Lee van Rondebosch het
groot planne vir hul opknapprojek gehad:
Die bestaande kombuis moes plek maak
vir ’n TV-kamer en wynkelder waarna ’n
nuwe 40 m²-kombuis en ’n opwaskamer
aangebou moes word. Maar geen projek
kom natuurlik sonder sy uitdagings nie – vir
hulle was dit om die nuwe kombuis te laat
lyk asof dit nog altyd deel van hul 100 jaar
oue huis was.
“ ’n Moderne kombuis was beslis buite
die kwessie” vertel Pam. Daarom het sy en
Mark by sloopwerwe en aanlyn begin
rondsoek na herwinde boumateriaal: breë
Oregondennehout-vloerplanke outentieke
terracottateëls asook Oregon-plafonbalke –
perfek vir die voorkoms wat hulle wou hê.
“Dit was nogal harde werk om die regte


lengtes breedtes en hoeveelhede te kry”
vertel Mark “maar op die ou einde het ons
genoeg van alles gehad.”
Die Lees het Holly Wood Kitchens
opdrag gegee om daardie tipiese
Provensaalse of plaasvoorkoms met die
kombuiskaste te skep. Die kleurskema is
swart rooi en room – ’n kombinasie
waarvan hulle baie hou.
“Die swart kas en rooi eiland staan uit
terwyl die res van die kaste met die mure
saamsmelt” vertel Pam.
Die spilpunt van dié kombuis is die
eiland van 24 x 12 m. “Omdat die
gasstoof in die eiland ingebou is is dit waar
ons al die voorbereiding doen kook én eet.
Ons geniet ook ontbyt of drink koffie of wyn
saam met vriende hier.” >>

[DIE AFWERKING]
sĞƌŅůĞƵƌĞ Mure Plascon
Delicate White; kaste
Plascon Tranquil en Holly
Wood Charcoal; eiland
Holly Wood Red
tĞƌŬďůĂĂŝĞ Graniet
en eikehout

Dis in die detail
’n Vullisdrom is direk
onder die kapblok in die
eiland ingebou wat
beteken enige afval is
dadelik uit die pad en
uit die oog.

Slim plan
Die 9 kg-gassilinder
staan op ’n uittrek-
laai onderin die
eiland.

Dis in die detail
’n Deel van een muur is
ongepleister gelaat om
die ouwêreldse gevoel
te versterk. Die rou
stene is herwin uit die
mure wat tydens hul
opknapprojek afgebreek
is. LUD-strookligte verlig
die bakstene en verskaf
ĂƚŵŽƐĨĞĞƌďĞůŝŐƟŶŐ͘

’n Potterak gemaak deur
Time For Living Interiors
bo die eiland rond die
kombuis af.
Free download pdf