Tuis. 10

(Tuis.) #1

Blomstruike


Deur Marié Esterhuyse
Foto’s Francois Oberholster en Sally Chance

Marié Esterhuyse Struike wat blomme dra gee hoogte én kleur
aan jou tuin. Hier is twee staatmakers.

Albei die


struike raak groot.


Hou die volwasse


plante se grootte in


gedagte wanneer


jy besluit waar om


hulle te plant.


Plantgids
Son
Gemiddelde waterbehoeftes
Rypbestand
Bladwisselend
Blom September tot Oktober
Groei tot 3 m hoog en 2 m wyd

’n Sneeubalbos kan ná blomtyd
teruggesny word om seker te
maak sy vorm bly mooi maar
andersins het dié struik min
snoei nodig.

Gewone sneeubal
(Viburnum opulus ‘Roseum’)
Met sy groot balle roomwit blomme maak die
sneeubalbos ’n treffende vertoning in die lente. Die
blom is eintlik ’n klomp klein blommetjies wat saam soos ’n
bal lyk. Die blomme is aanvanklik groen en raak roomwit met verloop van tyd
totdat die bos vir sowat vier weke oortrek is met ’n massa blomme wat jy
beslis nie kan miskyk nie! En in die herfs sorg dit vir nog kleur in jou tuin
wanneer die blare pragtig verkleur.
Die gewone sneeubal hou van goeie somerreën; hou dit dus nat in die
somer in winterreëngebiede en plekke met baie droë somers. Dit verkies ook
koel tot koue winters en sal nie goed aard in baie droë binnelandse gebiede
of die warm vogtige dele van die land nie. Plant die sneeubalbos in die son
hoewel dit halfskaduwee sal verkies op plekke met ’n warm droë lente – hou
dan ook die wortels koel met ’n dik deklaag.
Die struik het redelik ryk en vrugbare grond nodig en hou van ’n
windbeskutte plek.

tuin plant van die maand

Free download pdf