âGreek Columnarâ-
basilie
Dié meerjarige basilie-kultivar
groei in ân netjiese struik en het
net soveel gebruike soos die
immergewilde soet basiliekruid.
Kweek dit so Net soos ander variëteite
groei âGreek Columnarâ in volson asook
kolle wat oggendson en middagskadu
kry. Plant dit in komposryke grond wat
goed dreineer. Maak gereeld nat sodat
die grond nie heeltemal uitdroog nie
en bemes een keer per maand vir ân
goeie blaar-oes. Dié basilie is kleiner en
het ân regopper groeiwyse as ander
soorte (dit word 80 cm hoog en 60 cm
wyd) wat dit geskik maak vir klein
kruietuine en houers.
Kruiewenk Knyp die groeipunte van
jong plante af om ân meer bosagtige
groeiwyse aan te moedig.
Het jy geweet? Die skerp reuk van die
blare maak dit ân uitstekende natuurlike
insekweerder. Brou ân sterk aftreksel
van die blare en gebruik dit as
spuitmiddel teen plantluise en myte op
huisplante; of plant dit as metgesel
saam met tamaties boontjies
murgpampoentjies eiervrug kool en
soetrissies om dié plae af te weer.
Algemene probleme As die grond nie
goed dreineer nie sal daar swart kolle
op die blare of blaarrande ontwikkel.
Gebruike Die krakerige blare is baie
geurig en kan vars in slaaie souse sop
en pasta gebruik word. Voeg dit by jou
badwater om moegheid te verlig of
drink dit in tee om spysvertering aan te
help of stres en slapeloosheid te verlig.
Drink twee tot drie koppies basilietee
per dag om koors te verlaag bakteriële
infeksie te bestry of hoofpyne en
migraines te verlig. Vryf vars blare aan
jou vel om vlieë en muskiete te verdryf.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za >>
Krui van die maand
- Maak seker al jou plante het ân goeie
deklaag. In winterreënstreke moet jy
minstens een keer per week goed natmaak
met grys- of reënwater; maak in ander streke
nat tydens droë weer. Nuut geplante
saailinge en struike moet gereeld natgemaak
word totdat hulle gevestig is. - Voed plante met ân organiese misstof met
ân seewierbasis; dit verbeter en bevog die
grond. Gebruik die vloeibare vorm as
blaarvoeding en die korrels as stadig
vrystellende bemesting. - Plant dwerg- middelslag- en hoog-
groeiende agapante in blou en wit vir
elegansie en kleur in jou somertuin. Die
variëteite met wit blomme soos âDouble
Diamondâ lyk veral saans pragtig. - Daglelies is nuttige en betroubare
meerjariges; hul boogvormige loof is net so
lieflik soos die blomme self. Hulle blom op
hul beste met ses uur sonlig per dag in
verrykte grond wat water goed behou. Plant
hulle in massas van dieselfde kleur vir
visuele impak in groepe in beddingrande
naby waterfokuspunte en saam met
ornamentele grasse.
- Bemes somerblommende bolle een keer
per maand met Hadeco-plantkos. Lelies hou
van hul koppe in die son en hul wortels in
die skadu; hou die grond koel met ân
10 cm-deklaag oor die wortelarea. Stut die
stele om reën- en windskade te voorkom. - Tydens die reënseisoen word
voedingstowwe uit die grond gespoel en
dan het plante bemesting nodig om dié
stowwe te vervang. Bome het meer
bemesting nodig as struike wat op hul beurt
weer meer as meerjariges nodig het.
Nuut by die kwekery
Coleus âCampfireâ is die jongste toevoeging tot die Sun Coleus-reeks. Plant dit
in komposverrykte grond in volson of gedeeltelike skadu; volson sal die pragtige
kleure uitbring. Dis ân fokusplant wat min sorg vra hetsy in die tuin of ân groot pot â
laasgenoemde sal dit in ân netjiese vorm van 70 cm hoog en 60 cm wyd hou. Die Sun
Coleus-reeks vra min water en herstel gou as dit verlep het en dan weer water kry.
Beddingdahlias
Coleus âCampfireâ
Basiliekruid
Somerkleur
Jaarplante is nuttig om kaal kolle in ân
nuwe tuin en in beddingrande mee te vul
en ingange patioâs potte en hang-
mandjies op te helder. Plant saailinge van
Ageratum asters beddingbegonias en
-dahlias Browallia hanekamme (Celosia)
spinnekopblomme (Cleome) impatiëns
Lavatera lobelias afrikaners ysterkruid
Nierembergia Torenia maagde blomme
(Vinca) en jakobregops (Zinnia).
Heuningblommetjies (Alyssum)
kosmos Kaliforniese papawers
kombersblomme mignonette afrikaners
kappertjies strandviooltjies en jakob -
regops vaar goed wanneer dit direk gesaai word.
Doendinge dié maand ...