Só bly rose in potte op
hul beste:
- Maak elke dag nat totdat die
water by die dreineringsgate
uitdrup. Die wortels in die
houer kan nie wyer en dieper uitstrek
op soek na water soos ân roos wat in die
tuin geplant is nie. - Bemes elke drie of vier weke met Vigorosa of
werk Vigolonger in wanneer jy plant; dit sal
geleidelik genoeg voeding vir die seisoen verskaf. - Bespuit elke twee weke met Rose Protector om
plae te beheer of gebruik ân mengsel van
Ludwigâs Insect Spray Chronos en Picanta
tydens die reënseisoen.
Blommeprag
Rose wat trosse blomme met ân âtuimelendeâ
groeiwyse dra is die beste opsie vir potte. Dit
blom ook herhaaldelik met baie kort tye tussen
blomvlae. Probeer enige van die âSunsationâ-rose
en miniatuur-struik- of floribunda-rose soos
âJohannesburg Garden Clubâ âDuncanâs Roseâ
âDeloitte & Toucheâ âPink Profusionâ âSouth
Africaâ âEasy Does Itâ of âRed Ayobaâ.
Rose lyk pragtig in potte as dit reg voorberei
en versorg word. Hierâs ân paar wenke:
- Rose kan ses tot agt jaar in ân houer bly mits
dit die regte grootte is; hoe groter die pot hoe
beter. Gebruik ân houer van 10 liter vir een
miniatuurroos ân houer van 20 liter vir twee
miniatuurrose miniatuur-rankrose of ân
middelslag-struikroos en een van 40â50 liter
vir twee of meer rose saam. - Die beste groeimedium is ân mengsel van
kommersiële potgrond kompos en organiese
materiaal soos grondboondoppe. Ludwigâs
Roses het ân potgrondmengsel vir rose wat by
alle takke beskikbaar is; dit bevat Vigolonger
ân bemesting met beheerde vrystelling. - Maak die houer driekwart vol met potgrond.
Sit die roos nog in sy plastieksak in die pot
om die hoogte te toets. Die finale vlak van die
grond moet sowat 5 cm bo die houer se rand
wees en uiteindelik net so hoog teen die
plant se stam wees as wat die grond in die sak
was. Die rede hiervoor is dat alle soorte
potgrond gou insak sodra dit natgemaak word
sodat die roos kort voor lank te diep in die pot
kan staan. Anders kan jy die houer met die
potgrond vul ân paar dae lank goed natmaak
en dan die roos plant. - Sodra die grondvlak reg is kan jy die roos uit
sy plastieksak haal. Trek die wortels effens los
van mekaar veral dié wat om die wortelbal
gedraai het. - Voeg nog potgrond by en druk liggies vas.
Maak goed nat om die grond te laat insak en
ontslae te raak van lugborrels. - Sorg vir goeie lugbeweging rondom jou
roospotte deur hulle nie reg langs ân muur
staan te maak nie â veral nie een wat warm
middag- of namiddagson kry nie. - Indien jy ân roos van ân klein na ân groter pot
wil verplant snoei die wortels en blare voor jy
dit in vars potgrond plant.
Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].
Ludwig se
rooshoekie
Die rooskenner Ludwig Taschner gee
raad oor hoe om rose in potte te kweek.
âVrouefederasie Roosâ
Somerreënstreek Maak twee keer ân week
goed nat strooi deklae bemes in die middel
van die maand met Vigorosa en knip dooie
blomme af. Spuit twee keer per maand met
ân mengsel van Chronos Ludwigâs Insect
Spray en Spray Stay teen plae; spuit ook
met Cyper of Plant Care teen kewers.
Kaapse kusstreek Spuit in nat weer elke
twee weke om die beurt met Rose Protector
en die mengsel links. Bemes in die middel
van die maand met Vigorosa. As jy groot
plukblomme wil hê knyp die syknoppe af;
knyp die punte van nuwe basale lote af om
dit sterk te maak teen stormwind.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak
twee keer per week goed nat en strooi dik
deklae. Bemes in middel-November met
Vigorosa; spuit met Ludwig se mengsel om
swamsiektes en plae af te weer. Sny dooie
blomme af; dit moedig die plant aan om uit
te loop en te blom.
Take vir elke streek
Rose vir potte
V: Vir die afgelope 10 jaar het ek rose in
potte gekweek. Twee jaar terug het ek om
veiligheidsredes vloedligte laat installeer
wat beteken die rose is van skemer tot
dagbreek in lig gehul. Ek let op hulle dra
minder loof en blomme. Wat kan ek doen?
Aangesien jou rose nou 24 uur per
dag âwerkâ kort hulle dalk meer voeding
en water. Ná 10 jaar raak die grond baie
gekompakteer en kry die wortels nie
genoeg lug nie. Ek stel voor jy haal die
plante in Julie uit en plant hulle oor in nuwe
potgrond. Anders kan jy die helfte van die
grond in elke pot uithaal en met ân
besemstok verskeie gate tot teen die
bodem in die potgrond maak. Vul dan dié
gate met kompos en maak goed nat sodat
die kompos die water absorbeer.
V: Wanneer is die beste tyd om my
âVrouefederasie Roosâ-bome te spuit?
Ek stel voor jy spuit soggens of laat
in die middag dan het die oplossing meer
tyd om die blare binne te dring voor dit
droog word. Dis altyd goed om gereeld
voorkomend te spuit pleks van net
wanneer die roos las het van plae
of siektes. âSalmon Sunsationâ
âPeach Sunsationâ
November 2017 tuis 105