130 tuis November 2017
agterblad
Riana Scheepers het by haar pa geleer hoe jy
onverdiende beskuldigings hanteer.
Riana [email protected]
Illustrasies
Paula Dubois
D
Daar is een ding wat my verskriklik grief en dit is rommel. Ek
glo eerlikwaar dat ons landsprobleme minder sou wees as ons
almal netjies geleef het. ân Mens wat nie rommel strooi nie het
respek vir homself sy omgewing én sy medemens. Respek is ân
goeie begin om die wêreld ân beter plek te maak.
Mense wat my ken weet dat ek die gemors optel wat ander
mense so argeloos rondstrooi. Wanneer ek soggens gaan stap
is dit altyd met ân plastieksak. Terwyl ek stap en blikke en
bottels en plastieksakke optel dink ek hoe dit sal
wees ek aangestel word as Minister van Rommel.
Glo my Suid-Afrika sal binne ses maande skoon
wees. En baie mense sal met stewige boetes sit.
Of in die tronk.
Nou die oggend stap ek weer en tel op. Die
plastieksak wat ek by my het raak gou vol.
Dit is vuilgoeddag die huishoudings se
swart sakke is op die sypaadjies uitgesit.
Toe my sak met optel-rommel te swaar
word stop ek by ân swart sak knoop dit oop
en sit my sak daarin.
En net toe kom die vrou van die huis uit. Sy sien
my. Sy is siedend kwaad. Want sy neem sommer aan
dat ek een van die mense is wat swart sakke
oopskeur om te aas.
Sy begin op my skree.
Ek probeer verduidelik dat ek so pas ân klomp
rommel op háár sypaadjie opgetel het dat ek net
my rommelbuit netjies wil wegsit in haar swart
sak. Nee niks gaan haar oortuig dat ek nie ân
aasvoël is nie.
Op die ou einde stap ek net weg terwyl sy in
kleurryke taal agter my skel en dreig.
Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.
ân Hele ent verder onthou ek hoe my pa ân
soortgelyke situasie gehanteer het.
My pa is die sagste dierbaarste mens wat ek ken. Hy het ân
ruim hart vir ander mense dikwels tot sy eie nadeel. Jare lank
het hy ân slaghuis bedryf op ân plattelandse dorp. Een van sy
kliënte was ân bejaarde vrou wat goed bevriend was met my
oupa en ouma. My pa wat asât ware voor haar grootgeword het
was baie lief vir haar. Die vrou kom ons noem haar maar tannie
Mara het kennelik nie tred gehou met stygende vleispryse nie. Sy
het gereeld by die slaghuis ingekom en R5 se vleis gekoop. My pa
het geweet dat sy dit nie te breed het nie en dat sy met daardie
porsie vleis vir haar en haar huishoudster kos gemaak het. Hy het
haar geld geneem maar elke keer gesorg dat sy vleis kry vir veel
meer as net een maaltyd.
Op ân dag het tannie Mara weer by die slaghuis ingekom diep
beswaard. Sy het gevra of sy met my pa kon praat privaat.
Natuurlik. My pa het haar na sy kantoor geneem.
En daar kom tannie Mara se bitterheid van baie jare toe
uit. Sy probeer nou al lank om daarmee saam te leef sê
sy maar dit kan nie meer só aangaan nie.
âWat kan nie meer so aangaan nie?â het my pa
gevra. Die feit dat my pa haar nou al jare lank met haar
vleisaankope bedrieg het sy kwaai gesê.
My pa was stomverbaas.
âJou ouersâ het tannie Mara gesê âwas
wonderlike mense wat nie ân sent sou steel
nie maar dit verhoed jou nie om van ân ou
mens te steel nie.â
My pa was steeds in die duister.
âElke dag koop ek R5 se vleisâ het sy gesê âen
dan gaan weeg ek dit by die huis. Een dag is dit
ân kilogram ân ander dag is dit méér as ân
kilogram ân ander dag is dit skaars ân halwe
kilogram.â Hoe kán my pa dit regkry om haar
so te verkul?
Toe my pa my hierdie storie vertel het ek
gelag ek kon nie glo wat ek hoor nie. Maar
wat ek eintlik wou weet is hoe my pa die
situasie gehanteer het?
My pa dierbare mens wat hy is het tannie
Mara nederig verskoning gevra. En van toe af
elke keer noukeurig ân kilogram vleis vir haar
afgeweeg. Vir R5.
Ek leer ân les by my pa. Die vrou wat vir my
kwaad is kan maar skel. Maar meer nog ek dink ek moet
haar verskoning gaan vra.
Toe vra maar
verskoning