Fotoâs
Gallo Images
24 tuis November 2017
leserhuis
O
Ons eerste besoek was op 7 Junie die dag
toe die Tuinroete deur ân rampspoedige
brand getref is. Ek en ons fotograaf
Francois moes stormsterk winde van tot
97 km/h en swart en rooi rookwolke trotseer
terwyl ons die Brinks se pragtige huis
afgeneem het. Aanvanklik het ons nie die
omvang van die ramp besef nie â later sou
ons hoor die brand het op die ou end deur
19 800 ha gewoed sowat 1 200 huise
verwoes en plantasies van 12 900 ha in die
Eden-distrik uitgewis. Ses mense het
omgekom.
Teen 15:00 daardie dag was ons
vasgekeer op Knysna sonder ons bagasie;
dié was nog by ons gastehuis op Sedgefield.
Terselfdertyd â en regdeur die nag â moes
Andries vreesbevange pasiënte troos en die
hospitaal ontruim en die hele proses
herhaal toe hul tydelike vesting ook in
gevaar kom. Jayne Ben en die honde moes
ook daardie nag hul pragtige huis ontruim
(dit staan darem nog!) en die nag in hul kar
deurbring.
Met ons tweede
besoek het Jayne
vertel: âToe Andries
laat weet die wind het
gedraai en ek moet my
regmaak om pad te
gee het ek geweet ek
is beperk tot wat in my
kar sal pas.â
Met klere kos water Andries se
foto grafiese toerusting en hul rekenaars se
hardeskywe ingepak was Jayne deeglik
bewus van hoe min enige wêreldsgoed
beteken wanneer so ân ramp jou in die
gesig staar.
âAl huisgoed wat ek ingepak het was ân
voëlboek in ân leeromhulsel wat Andries by
sy ouma gekry het ân boek met Polaroids
van ons troue en ons William Kentridge-
kunswerk wat ân trougeskenk was. Ek
onthou hoe ek gedink het ons aardse
besittings beteken eintlik niks nie en een of
twee goed is niks werd sonder die res nie.â
Jayne Ben en die honde het die nag by
haar vriendin en sakevennoot Gina se huis
op Leisure Isle een van ân paar veilige
plekke deurgebring. âGina en haar man
Francois het sowat 20 mense en ân
mengelmoes diere onderdak gegee en hul
hoofslaapkamer afgestaan vir Ben wat
taamlik ontsteld was. Ek het die nag met my
honde in die kar deurgebring want hulle
het vreeslik getjank as ek hulle alleen los.
Die selfoon-ontvangs was onbetroubaar
maar uit die brokkies inligting wat ons
ontvang het was ek oortuig ek is my huis
en besighede kwyt.â
Terug in Kaapstad het die Tuis-span wat
dit net betyds uit Knysna gemaak het voor
die N2 gesluit is dié briefie ontvang wat
Jayne te midde van die chaos geskryf het:
Ek is so bly julle kon sonder ân groot
gesukkel wegkom. Wat ân verskriklike tyd op
Knysna! Ek was oortuig dat ons niks sou
oorhê nie maar ons is so gelukkig.
Ons het nou ân huis vol
hawe lose vriende en meer
diere as wat ons kan tel.
Dankie dat julle gekom
het; hoop jul huise het
die kwaai Kaapse storm vrygespring. Baie
liefde uit ân verwoeste Knysna.
Eers later het ons besef: Tussen die
gejaag om weg te kom en ander slaapplek
te kry het iets skeefgeloop â al die fotoâs is
op ân manier uitgewis ...
Agterna beskou onthou die Tuis-span die
vrygewigheid en vriendelikheid van soveel
inwoners soos Jayne en Gina wat Madam
Botany in ân tydelike liefdadigheids winkel vir
die slagoffers omskep het en die eienaars
van ons gastehuis Pelican Lodge op
Sedgefield wat potte vol kos gekook het vir
die talle ontheemdes.
NÃ
DIE brand
Die Tuis-span moes twee keer Knysna toe om
Andries en Jayne se huis af te neem; Marian
van Wyk onthou daardie eerste dag ...
Marian
Francois
Toe die concierge by die hotel na
Marian se bagasie vra het sy hom
haar nood-kopies vir die nag gewys!