Abi het die binnekant van haar huis wit geverf vir ân neutrale
agter grond waarteen haar geliefde versamelgoed sou uitstaan. In die
leefareas het sy ân houtvloer oor die oorspronklike swart sement laat
lê en ook wit geverf. Op die tweede verdieping is Abi se slaapkamer
badkamer en ontwerpateljee. Hier is die houtvloer natuurlik gelaat
vir ân warmer voorkoms.
Elke vertrek is versier met ân ryke verskeidenheid materiaal
kuns werke plante en spatsels warm kleur. âEk vind aanklank by ân
boheemse styl met ân mengelmoes van bykomstighede en ân titsel
ouwêreldse glansâ sê sy. âDie patrone teksture en kleure van Indië
en Marokko is vir my ân groot bron van inspirasie en ek is mal oor
eklektiese lap en versamelings kuns en boeke. Ek het ân ernstige
lap-verslawing!â
Sy gebruik haar versamelings vir als van dekens tot strooi kussing-
oortreksels â selfs haar stortgordyn is met die hand gemaak!
âWanneer ek mooimaak begin ek altyd met ân paar items
waarvan ek hou â dit kan enigiets van lap meubels of teëls wees.
Dan voeg ek stukke by wat daardie eerste kopies komplementeerâ
verduidelik sy.
Dis weinig dat Abi ân besonderse kopie kan weerstaan â soos die
rooi perspeks-letters op die trap wat sy by ân Paryse vlooimark
raakgeloop het. âEk kon niks spel met die letters wat te koop was
nie toe vat ek maar ân N en ân O. Ek het hulle terug Londen toe
gekarwei op die Eurostar en ân jaar later Kaapstad toe laat kom.
Omdat ân groot rooi ânoâ darem te negatief gevoel het gebruik ek die
N as ân Z â dit lyk vir my so mooi daar op die trap!â >>
Elemente van hout gee die badkamer
warmte terwyl spatsels blou soos die
stortgordyn van Indiese lap trefkrag
gee aan die ruimte.
Abi het nog altyd ân fyn oog vir dekor
gehad. Dié ligblou Franse kas is van ân
antiekhandelaar in Londen; dit was ân
mondigwordinggeskenk van haar ouers.
Eklektiese lap en versamelings
Ster en vaas van Moroccan Warehouse Blou muurkassie van Amatuli; wit
stoeltjie en kershouer van gumtree.co.za
November 2017 tuis 31
leserhuis