Grootte: 24 m^2
Front:
noord
Onder
die bome
#
2
Toe San-Marie en Derick Vogel die eerste keer na die huis oorkant die
Durbanville Voorbereidingskool â deesdae hul kinders Ben (8) en
Kara (7) se skool â gaan kyk het die groot bome op die ruim erf
van 1 500 m² onmiddellik hul harte gesteel.
âEk geniet die bome nog elke dagâ vertel San-Marie. âDié kuierplek laat
my skatryk voel!â
Met die intrekslag was die swembad en leiklipvloer reeds daar ân entjie
van die huis af maar verder nie veel van ân kuierplek nie â net gras en ân
kruietuin.
Toe spring Derick self in en bou die braaiplek en afdak. âDit het
weliswaar ân bietjie langer geneem as met kontrakteurs maar nou is dit sy
persoonlike âmonumentaleâ kuierplek!â skerts San-Marie.
âOns stoep is ân gemaklike spasie waar ons hele gesin vriende en hul
kinders saam kan kuier. Dit kry heerlike oggendson en in die laatsomer
lieflike koelte.â
Die Vogels gebruik hul ruim braaikaggel van 1 m hoog en 17 m wyd op
verskeie maniere â van braai en potjiekos tot ân lam op die spit.
âDerick het ook hakies ingebou waaraan ons soms toutjie-hoender braai.
Dit werk so: Jy maak eenvoudig ân heel hoender aan ân toutjie vas en dan
draai hy so bo die kole tot hy gaar is â heerlik!â
Reg langs die braai is ân oondjie ook Derick se handewerk. âOns het die
oonddeur by ân oom op Barrydale gekoopâ sê San-Marie. âDie oondjie is
toe rondom die deur beplan. Ons het al pizza skaapboud varklende en
brood daarin gebak.â
[AFDAK MET GROENIGHEID ]
Vir die afdak is gewone houtbalke
ingespan met sinkplate bo-op. Dis
waterdig en bied genoeg skaduwee.
âDie dak was maklik om te installeer en
redelik kostedoeltreffendâ vertel
San-Marie. âOns swembad word verhit
met waterpypies wat bo-op dié dak
aangebring is. Weens al die bome was
die swembadwater maar ysig voor ons
dit begin verhit het.â Om die struktuur
te versag en groenigheid in die somer
in te bring is drie wingerdstokke
geplant wat onder die dakplate rank.
San-Marie beskryf haar dekorstyl as âgemaklikâ.
Die kuierplek se kleurpalet is neutraal sodat sy dit
telkens in ân ander kleur kan opkikker. Derick het die
tafel en bankies self gemaak; die koffietafel kom uit
ouma Tossie Derick se ma se huis.
Stoele en kussings van MRP Home;
tafeldoek van Udumo Designs