Tuis. 07

(Tuis.) #1

HULETTS PROMOSIE


23


1 Meng die meel versiersuiker en sout en vryf die botter met jou
vingerpunte daarby in tot die mengsel soos fyn broodkrummels
lyk. Voeg die eiergeel by en knie tot ’n gladde deeg vorm. Verdeel
die deeg in twee ewe groot dele vorm in plat sirkels en draai toe
in kleefplastiek. Verkoel vir 30 minute.
2 Haal die deeg uit die yskas en rol dit uit in twee ewe groot
sirkels. Smeer die konfyt op een en sit die ander deegsirkel bo-op.
Sny die sirkel in skywe (deur albei lae) maar moenie tot in die
middel sny nie (sien skets). Draai elke skyf dan twee keer na regs
terwyl jy die middeldeel vasdruk met jou vinger. Druk die rande
weer vas. Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat
20 minute of tot goudbruin. Sit voor met ’n strooisel basilieblare.

1 Meng die meel versoeter klapper en sout. Vryf die botter met
jou vingerpunte daarby in tot die mengsel soos growwe brood-
krummels lyk. Voeg die eiergeel by en knie tot ’n gladde deeg.
2 Rol die deeg op ’n vel bakpapier uit in ’n groot reghoek. Pak
die vrugte bo-op maar los ’n deegrand van sowat 3 cm rondom
die vulsel. Jy kan gerasperde suurlemoenskil en versoeter oor-
sprinkel as die vulsel te suur is. Vou nou die deegrand versigtig
oor die vulsel (sien foto). Sit die tert op ’n bakplaat en bak in ’n
voorverhitte oond vir 25–30 minute teen 180 °C tot goudbruin en
bros. Sit voor met Griekse jogurt vars ment en klapperskaafsels.


Vryvorm-
vrugtetert

Rissietamatie-
konfyt-tert


  • 500 ml (280 g) koekmeelblom

  • 125 ml (65 g) Huletts Icing Sugar

  • knippie sout

  • 200 g botter

    • 1 eiergeel

    • 30–45 ml rissietamatiekonfyt

    • vars basilie as garnering



  • 100 g (180 ml) koek-
    meelblom

  • 2 sakkies Huletts
    EquiSweet

  • 30 ml droë klapper

  • knippie sout

  • 625 g botter

  • 1 eiergeel

  • 2 klein piesangs geskil
    en in skywe gesny

  • 200 ml appelliefies
    gehalveer


Draai elke wig
twee keer regsom
nadat jy dit in
skywe gesny het.

Julie 2017 tuis 121

Free download pdf