Tuis. 07

(Tuis.) #1
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel
Foto’sFrancois Oberholster Henrique Wilding
en Sally Chance
StileringMarian van Wyk en Kim Bougaardt

Houtstompe en vloerlamp
van Weylandts; geweefde
hanglampe en Ash Fabrics-
stoffeerlap (vir buitegebruik)
op rusbank van Nom de
Plume Studio

Middelpunt van aksie
Die kombuis en leefarea in Silvia Miles se huis in
die KwaZulu-Natalse Middelland is ten volle
geïntegreer; die verskillende gedeeltes vloei
naatloos ineen en vorm ’n praktiese en
funksionele geheel – van die toonbankeenheid
agter die rusbank tot die eiland onder die
tussenvloer waar jy dikwels iemand sal sien
groente kap of e-posse lees.
“Die kombuis is ons leefarea!” verduidelik
Silvia die eienaar van Milestone Kitchens. “Daar
is rusbanke ’n boekrak ’n hoekie waar die honde
opkrul ’n werkstasie met ’n rekenaar en
’n fantastiese musiekstelsel. Almal doen alles
hier behalwe slaap.”
Die ruimte beslaan ’n taamlik groot 80 m² en
bestaan uit ’n eet- kook- sit- en studeerarea –
maar Silvia noem dit nie noodwendig so nie. “Dis
net een groot vertrek met verskillende sones.” >>

... én ontspan


KOOK KUIER


Of jy dit kombineer met


’n kombuis eetkamer of


braaikamer ’n knus leefarea laat


enige huis gesellig voel – perfek


vir gehaltetyd saam met familie


en vriende.

Free download pdf